Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rottweiler wat kinders aanval, ‘tree vreemd op’

Die kinderoppasser wat Saterdag toegekyk het hoe haar ouers se Rottweiler twee jong kinders aanval, sê sy is geskok oor sy optrede en spyt hy moes van kant gemaak word.

Riaan met sy kinders Sebastiaan en Ariana. Foto: Facebook

Die oppasser, ’n 22-jarige vrou wat anoniem wil bly, sê sy en die twee kinders, Sebastiaan (11) en Ariana (6) Snyman is erg getraumatiseer ná die voorval en sukkel om daaroor te praat.

“Die Rottweiler se optrede was regtig baie vreemd, want hy was nie ’n aggressiewe hond nie,” sê sy. “Ek het hom die bynaam 'Teddy Bear' gegee, juis omdat hy so saggeaard was. Hy is egter intussen van kant gemaak omdat sy optrede nie aanvaarbaar was nie.”

Die kinders het Saterdag by die kinderoppasser in Caledon gebly terwyl hul ouers, Aileen en Riaan, ’n afspraak in Somerset-Wes gehad het.

Toe sy die kinders wou neem om pizza te gaan koop, het een van die twee reuns die dogtertjie, Ariana, aangeval. Sebastiaan het die aanval probeer keer.

In die proses het hy groot bytplekke aan sy bene gekry terwyl die hond ook ’n gat in Ariana se bobeen gebyt en haar ander been aan die agterkant lelik stukkend gebyt het.

Die hond het Ariana glo in die erf rondgeruk. Die oppasser het op dié hond se rug gaan sit, maar dit het nie veel gehelp om die aanval te keer nie.

Die kinders het uiteindelik van die hond ontsnap en het mediese behandeling gekry. Sebastiaan se wonde is toegewerk en Ariana kry steeds behandeling. Sy moet volgens Aileen ’n veloorplanting kry.

“Sy kla baie van pyn,” het Aileen Snyman Woensdag gesê.

“Dit gaan darem goed met Sebastiaan en hy en sy pa het vandag vir my en Ariana in die hospitaal kom kuier.”

Die oppasser sê sy ontvang behandeling en word ondersteun deur die gemeenskap, vriende en familie.

“Ek en my ma is daagliks in kontak met Riaan of Aileen en ons ondersteun mekaar ook. In hierdie stadium bid ons net vir genesing vir Ariana, Sebastiaan en myself.”

Meer oor:  Aanval  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.