Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rou vleis vir katte en honde ongesond, gevaarlik

Die nuwe gier om honde en katte rou vleis te voer omdat dit kwansuis ’n “natuurlike dieet” is, is nie net ongesond vir troeteldiere nie, maar ook gevaarlik vir mens en dier.

Navorsing wat gedoen is en in die vakjoernaal Vet Record gepubliseer is, toon dié produkte bevat bakterieë en parasiete wat mense en diere siek maak.

“Katte en honde wat rou vleis eet, word ook meer besmet met bakterieë as dié wat gewone diëte volg. Hulle raak antibiotikaweerstandig en dit hou ’n risiko vir diere- en menslike gesondheid in,” luidens die studie.

Moenie jou honde of katte enige rou vleis gee nie. Dié nuwe gier, wat voorgehou word as ’n ‘natuurlike dieet’, is allesbehalwe. Dit is ongesond vir mense én vir diere. Foto: PetMD

In van die produkte wat oorsee getoets is, het 23% Escherichia coli bevat, 43% listeriose en in 20% was salmonella teenwoordig. Daar was ook in 16% parasiete.

Die produkte het ook in Suid-Afrika gewild geword en dit word wyd as “natuurlik” geadverteer. Voorbeelde is kommersieel vervaardigde “onverwerkte kos” spesifiek vir diere, wat bene insluit. Of mense wat rou vleis en vis vir diere gee.

Luidens die studie is die sogenaamde voordele wat dit inhou net hoorsê en daar is geen bewyse dat dit beter is vir diere nie. Inteendeel, daar is bewyse dat dit nie goed is nie, soos diere se tande wat breek van die bene, beserings aan die spysverteringskanaal en kliniese toestande soos ’n ooraktiewe skildklier en abnormale beengroei.

Die studie meld ook dat diere wat rou kos kry ernstige voedingsprobleme kan ervaar, omdat hulle nie al die voedingstowwe inkry wat hulle nodig het nie.

Meer oor:  Troeteldiere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.