Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Roudiens vir gesin wat in Knysna-brand sterf

’n Roudiens word Donderdag (15 Junie) in Humansdorp gehou vir ’n egpaar en hul seuntjie wat Woensdag gesterf het toe brande in die groter Knysna-gebied uitgebreek het.

Tony Johnston, sy vrou, Madré, albei siviele ingenieurs, en hul driejarige seuntjie, Michael, het op hul plaas Kalanderkloof in die Elandskraal-omgewing in die Karatara-gebied gesterf. Hul lyke is buite die huis gekry. Volgens die polisie is hulle deur rook oorval.

’n Vroeëre foto van Madré en Tony Johnston en hul seuntjie, Michael. Foto: Facebook

Wynand Stander, Tony se swaer, sê sy skoonouers, Thomas en Nelien Johnston van Uitenhage, het Woensdagoggend reeds onraad vermoed omdat hulle nie vir Tony in die hande kon kry nie. Dit was Woensdag Michael se verjaardag en die tradisie is dat hulle vir hom ’n verjaardagliedjie oor die telefoon sing.

“My skoonouers het Tony se baas in Knysna gebel en hy het gesê dis vreemd, want Tony het nie by die werk opgedaag nie,” sê hy.

Volgens Stander het die werkgewer na Johnston se huis gery. Hy het blykbaar die polisie teëgekom en is saam met die polisiebeamptes na die huis, waar hulle op die gesin afgekom het. Die werkgewer het Johnston se ouers met die nuus gebel, maar die selfoonontvangs was nie goed nie. Net nadat hy hulle die nuus meegedeel het, het sy foon doodgegaan.

“My skoonouers het toe dadelik Knysna toe gery,” sê Stander. Daar het hulle by die polisie bevestig dat al drie gesterf het. Hulle is toe weer terug Uitenhage toe.

Volgens Stander was die Johnstons ’n hegte gesin. Hulle het die afgelope ses jaar op die plaas gebly en Madré was agt maande swanger. “Hulle was baie lief vir mekaar,” sê hy. “Hulle laat ’n groot leemte agter.”

Volgens hom word ’n roudiens volgende Donderdag om 12:00 in die NG Moedergemeente op Humansdorp gehou. Die egpaar en hul seuntjie sal veras word.

Benewens sy ouers word Tony oorleef deur sy broer, John, en sy suster, Jana Stander.

Madré word oorleef deur haar ouers, Gert en Triena van der Merwe, ’n suster, Linda, en ’n broer, Johan.

Meer oor:  Knysna  |  Knysna-Brande  |  Brande  |  Roudiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.