Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Roudiens vir konstabel wat doodgeskiet is

’n Amptelike roudiens sal Saterdag gehou word vir die lid van die blitspatrollie wat Maandag in Port Elizabeth doodgeskiet is.

Konst. Dwane Kemp en sy vrou, Candice. Foto: Facebook

Konst. Dwane Kemp (31) is Maandag aan diens twee keer in sy maag en een keer in sy hand geskiet toe hy en ’n kollega op ’n rooftog by die Le-Bon-bakkery in Sentraal gereageer het.

’n Werknemer van die bakkery in Rosestraat het inderhaas die paniekknoppie gedruk toe vyf gewapende rowers die oggend by die deure inbars.

Die rowers het op die polisie losgebrand en die polisie het teruggeskiet.

Vier rowers is binne die bakkery doodgeskiet.

Kemp is ook raakgeskiet en het Maandagmiddag aan sy wonde beswyk.

Na beweer word het een van die rowers daarin geslaag om die polisie te ontglip.

Die Valke het intussen die soektog na die vyfde rower oorgeneem.

Kapt. Anelisa Feni, Valke-woordvoerder, wou nie bekend maak of hul beamptes moontlik na meer as een verdagte soek nie.

Sy wou ook nie sê of die rowers wat doodgeskiet is al geïdentifiseer is nie.

“Die saak is steeds in ’n sensitiewe stadium en ons kan nie nou inligting bekend maak nie,” sê Feni.

  • 'n Gedenkdiens sal Vrydag om 11:00 vir Kemp by die Moedergemeente in Noord-einde gehou word.
  • Die amptelike roudiens sal Saterdag om 11:00 in die PE Hoogland-gemeente se kerk in Charlo gehou word.
Meer oor:  Konst. Dwane Kemp  |  Port Elizabeth  |  Roudiens  |  Konstabel  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.