Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Roudiens vir Limpopo-slagoffers Donderdag gehou

’n Roudiens word Donderdag in Limpopo vir die slagoffers van Sondag se gru-ongeluk op die R81 buite Giyani in dié provinsie gehou.

Negentien van die 24 oorledenes was leerlinge van die omgewing.

Die Groter Letaba-munisipaliteit het Woensdag in ’n gesamentlike verklaring met die Mopani-distriksmunisipaliteit gesê ’n gedenkdiens vir die slagoffers word om 12:00 by die Rapitsi-sportterrein in die Giyani-gebied gehou. ’n Begrafnisdiens word Saterdagoggend om 07:00 by dieselfde plek gehou.

Luidens die verklaring kom die meeste slagoffers van die Ga-Rapitsi-nedersetting. Volgens die polisie in Limpopo was die slagoffers almal tussen 13 en 27 jaar oud.

Die ongelukstoneel in Limpopo waar 24 mense die afgelope naweek dood is.

Altesame 18 mans en ses vroue is dood toe ’n Toyota Quantum-minibus Sondag omstreeks 22:00 reg van voor teen ’n bus gebots het.

Die 25 insittendes van die oorlaaide minibus, wat slegs plek vir 16 mense het, was vroeër die dag by die nasionale jeugdagvieringe in Polokwane waar pres. Cyril Ramaphosa gepraat het. Hulle was op pad terug na hul huise toe die ongeluk gebeur.

Net een insittende van die taxi het oorleef en is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die ander 24 is almal op slag dood.

Die bestuurder van die bus en twee passasiers is ook ernstig beseer.

Ramaphosa het Maandag sy skok en hartseer oor die ongeluk uitgespreek en opdrag gegee dat die provinsiale owerhede die oorledenes se families, asook die beseerdes, bystaan.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, en ’n afvaardiging van Limpopo se LUR’e het Dinsdag die oorledenes se families in die Giyani-gebied besoek om aan hulle vertroosting en ondersteuning te bied.

Meer oor:  Limpopo  |  Slagoffers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.