Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rox-Zee boikot handsakke ná uitval met vervaardiger

Dit is nie seker of dit ’n kat- of handsakgeveg is nie, maar twee Bloemfonteinse entrepreneurs is erg omgekrap oor die manier waarop Rox-Zee Veldhuizen van Boer Soek ’n Vrou-faam glo met hulle sake gedoen het.

“Ons kyk graag Boer Soek ’n Vrou en het die meeste van Rox-Zee gehou,” vertel Nadia Gouws van Beatus Genuine Leather.

Gouws sê sy en haar vennoot, Daisa Gouws, het Veldhuizen genader en gevra of sy sou belangstel om een van hul handsakke te ontvang in ruil vir reklame op Instagram.

“Ons het gesien sy het baie volgelinge op Instagram.

Rox-Zee Veldhuizen
Rox-Zee Veldhuizen Foto: Instagram/roxzeeveldhuizen

“Rox-Zee het een van ons groter handsakke, wat ook as ’n sak vir ’n skootrekenaar dien, gekies.

“In ruil vir die handsak moes sy ’n foto van haarself met die handsak op Instagram plaas en ons in die plasing merk.

“Sy het ’n foto van die handsak op ’n stoel geneem en dit saam met ’n klomp ander foto’s op Instagram gedeel.

“Ons het haar toe gevra om ’n foto van haarself met die handsak te plaas en ook om Beatus Genuine Leather in die plasing te merk om ons produk te bemark.

“’n Ruk later het ons haar weer gevra en sy het gesê sy het Kaapstad toe getrek en die handsak is nog in Durban.

“Toe sy weer in Durban was, het ons haar gevra om die foto op Instagram te deel.

“Sy het toe gesê ander maatskappye betaal haar baie meer as wat die handsak werd is en dat sy die handsak vir haar niggie gegee het.”

Gouws sê die handsak is R2 500 werd en dit het ook ’n kleiner opgestopte sak waarin ’n mens jou skootrekenaar kan sit.

Die kleiner sakkie is R200 werd en beskerm jou skootrekenaar in die groter sak.

Jy kan die groter sak met of sonder die kleiner sak gebruik, verduidelik Gouws.

Gouws sê Beatus maak egte leerhandsakke en gebruik net gestremdes om die handsakke te vervaardig.

Sy sê toe sy Veldhuizen weer Donderdag nader om uit te vind wanneer sy die beloofde foto op Instagram sal plaas, het sy gesê sy sal seker maak dat niemand weer ’n Beatus-handsak koop nie.

Veldhuizen het twee plasings op Instagram gedoen waarin sy sê Beatus het haar sleg en gemeen behandel en dat niemand wat haar ondersteun Beatus sal ondersteun nie.

’n Skermskoot van die plasing van Rox-Zee Veldhuizen op Instagram.
’n Skermskoot van die plasing op Instagram waarin Rox-Zee haar volgelinge vra om die maatskappy Beatus Genuine Leather te boikot.

Netwerk24 het Veldhuizen om kommentaar genader en sy het gesê dit is die eerste keer wat sy probleme ervaar met 'n bemarkingsooreenkoms.

"Ek wil regtig hê dat hulle my net moet uitlos. Ek het al baie advertensies vir verskillende maatskappye gedoen en het nog nooit 'n probleem met enige van hulle gehad nie."

Veldhuizen was verloof aan boer Réan Clasen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.