Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
RSG kry nuwe rooster

RSG se nuwe programskedule is amptelik van Maandag van krag.

Wakker, wat Esté Gross en Renske Jacobs op weekoggende tussen 05:00 en 06:00 aangebied het, val weg.

Daardie uur word deel van die deurnag-outomatisering, wat voorheen van middernag tot 05:00 was. Die outomati­sering skuif dus met ’n uur aan.

RSG Landbou metLise Roberts en haar span skuif na 05:25, en Vroegoggendgedagte en Ikra skuif na 05:55.

Regstreekse uitsendings begin­ op weekdae 06:00 met Monitor, aangebied deur Anita Visser en Gustav Greyling.

Oor naweke begin regstreekse uitsendings ook 06:00 – op Saterdae met Brekfis met Derrich, aangebied deur Derrich Gardner, en Gross, wat nuus lees. Dié program is met ’n uur verkort.

Sondae se regstreekse uitsending begin met Oggendstemming 06:00, aangebied deur Gross. Die program is verkort tot ’n uur.

Die nuusbulletin 05:00 en die laataandnuushooftrekke net voor middernag val weg.

Luidens ’n verklaring is die veranderinge aangebring in die lig van besparingsmaat­reëls, maar ook omdat RSG glo beplan om later vanjaar ’n volledige uur lange landbouprogram op weekdae van 05:00 tot 06:00 uit te saai.

Die middag-aktualiteitsprogram Spektrum, aangebied deur Suzanne Paxton, vervroeg van die tydgleuf 13:00 tot 14:00 na 12:00 tot 13:00.

Dit beteken Martelize Brink en Johan Rademan se Driesestig gaan weekdae ononderbroke van 13:00 tot 15:00 aangebied word.

Dit bring mee dat die middagvervolgverhaal skuif na net ná die 15:00-nuus in Spitstyd, met Willem Pelser as aanbieder en Mariëtta Kruger, wat die nuus lees.

Wat die aandskedule betref, ruil die uitsaaitye vir die aandboekvoorlesing (voortaan van 19:05 tot 19:15) en die kinderstorie (voortaan van 19:20 tot 19:30) om.

Die program Vroegaandgedagte val weg.

Laataandgedagte begin vanaf Maandag ’n uur vroeër en sal 22:55 op die lug wees.

Op Maandae, Woensdae en Vrydae 23:10 gaan daar voortaan ’n laataandkuier saam met die omroeper aan diens wees.

Op weekaande sal die volgende bekende RSG-stemme tussen 18:00 en middernag aan die woord wees: Ettienne Ludick (Maandae), Gross (Dinsdae) met Christelle Webb Joubert, wat steeds verantwoordelik is vir RSG Kuns en Geestes­gesondheid, Sue Pyler (Woensdae), Renske Jacobs (Donderdae) en Greyling (Vrydae).

Saterdae van 11:30 tot 11:45 word tyd vir resepte en kombuiswenke saam met die omroeper aan diens.

Jacobs sal ook Saterdag tussen­ 10:00 en 15:00 uitsaai, afgewissel deur Charlene Lackay­, wat een Saterdag per maand agter die mikrofoon inskuif. Lackay saai ook Sondae tussen 10:00 en 13:00 uit.

Jody Hendricks sorg steeds vir sporthoogtepunte Saterdae tussen 15:00 en 18:00 en daarna is Pyler weer aan die woord tot middernag.

Ludick is steeds Maandae en Dinsdae verantwoordelik vir die sportverslag in Spitstyd en Hendricks Woensdae, Donderdae en Vrydae.

Die musiekreeks, wat Sondae 10:05 uitgesaai gaan word, is ’n herhaling van die destydse Tranetrekkers-reeks van Johan­ van Lill.

’n Nuwe seisoen van Geloof wat grondvat begin Sondagaande net ná die 19:00-nuus. Flip Loots en Christina Landman is die aanbieders.

Fritz Klaaste se stem sal Sondae tussen 13:00 en 18:00 gehoor word.

Daarna is Jacobs weer aan die woord tot middernag, afgewissel deur Christelle van Tonder, wat een Sondag per maand haar plek inneem.

  • 621 mense het hul werk by die SAUK verloor. Die openbare uitsaaier het Dinsdag aangekondig dat die art. 189-proses nou afgehandel is.
Meer oor:  Sauk  |  Rsg  |  Rooster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.