Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ruby en Caleb, James Small se kinders, op rugbyveld

Wen of verloor: Saterdag se wedstryd tussen die Springbokke en die Australiërs het afgeskop met ’n grootse en aandoenlike oomblik.

Ruby en Caleb, James Small se kinders, op Ellispark. Foto: Deaan Vivier

Die Zoeloe-dansers wat opgehardloop kom, terwyl Johnny Clegg en Juluka se “Impi” oor die rugbyveld in Ellispark in Johannesburg dreun. En jy salueer die besondere Clegg wat Dinsdagaand aan pankreaskanker dood is. Veel meer as die “wit Zoeloe”: liedjieskrywer, sanger, antropoloog, brugbouer en ambassadeur. ’n Waardige saluut vir dié groot gees.

Maar reeds op die veld staan Ruby Small (14), in die Groen-en-goud, met haar arms beskermend gevou om haar halfbroer, Caleb (9), wat voor haar staan. Op dié dag word daar ook hulde gebring aan die oud-Springbok James Small (50) wat verlede Dinsdag aan ’n hartaanval dood is.

James Small in sy Springbokdae. Picture: Neal Simpson / Getty Images

Donderdag in Johannesburg is sy begrafnisdiens gehou waar van die lede van 1995 se Wêreldbekerwenspan sy kis gedra het, met ’n reuse-rugbytrui bo-op waarop die nr. 14 pryk.

Ruby wys vir Caleb: Kyk. Op die skerms is hul pa groter as lewensgroot. Dan die stilte – die minuut waarin elkeen vir James kan onthou soos hulle hom geken het. En Ruby wat die trane probeer keer. Later staan sy vas, sing die volkslied saam uit volle bors.

Doen dit vir Johnny, doen dit vir James, vir sy kinders en ook vir hele Suid-Afrika. Ons kan doen met ’n wen vandag. 

Meer oor:  James Small  |  Ruby  |  Rugbyveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.