Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rudi Claase vind sy stem ná ‘ligte beroerte’

Rudi Claase se ergste vrees dat hy nie weer sou kan sing nie, is besweer.

Rudi Claase het dié foto van hom in die hospitaal op Facebook gedeel.

Die 38-jarige sanger en liedjieskrywer het ’n maand gelede ’n “ligte beroerte” gehad en toe stuiptrekkings wat hom tydelik stom en half verlam gelaat het.

Verlede week is hy weer in die hospitaal opgeneem nadat hy begin struikel en hakkelrig gepraat het.

Claase het gevrees hy het breinskade opgedoen.

Nou het sy vrou, Suzette (48), egter aan Rapport bevestig dat daar geen permanente breinskade is nie.

“Dit gaan baie beter. Hy het Vrydag huis toe gekom. Ons gaan dit maar ’n bietjie stadig vat vir die volgende maand of so,” sê Suzette, wat ook sy optredes reël.

Hy sukkel steeds met sy balans en sy geheue, sê sy.

“Maar dis klein goetertjies. Ons is net dankbaar. Dit kon soveel erger gewees het.”

Die sanger Rudi Claase en sy vrou, Suzette.

Die dokters het gesê stres het waarskynlik bygedra tot die beroerte. Bipolêre depressie is vroeër by Rudi gediagnoseer. Sy sê dit is belangrik dat iemand wat bipolêr is, betyds hulp vra, “want niemand weet ooit when is it bad enough” nie.

Volgens Suzette was hy Saterdag moeg en “ ’n bietjie moedeloos”. “Hy het gesê: Sjoe, gaan dit nou die geval wees?”’

Hy voel egter nou weer beter – veral ná sy weeklikse sessie by ’n arbeidsterapeut. “Ek dink ons is ons eie grootste vyande. Ons google goeters en luister dan na ander mense pleks van om na ’n professionele mens te gaan vir hulp,” sê Suzette.

As deel van sy rehabilitasie is Rudi aangeraai om weer te begin klavier speel om te verseker dat sy hande behendig bly. “Hy het ’n paar liedjies opge-line waarvoor mense bestellings geplaas het, maar hulle is geduldig. Hy werk nou tot hy voel hy kan nie meer nie,” sê Suzette.

Rudi wil op 31 Julie terug wees op die verhoog met ’n optrede by die AfriForum-teater in Pretoria. Die reëlings en beplanning hou sy brein besig, sê Suzette. “Die mense wat so vir hom bid, is ’n groot riem onder die hart. Ek dink al daai goed help ook om jou geloof sterker te maak.”

Meer oor:  Suzette Claase  |  Rudi Claase  |  Sanger  |  Beroerte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.