Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Rugby kan grense afbreek’
superheld-rugby
Hoewel die sibbe Aneska en Llewellyn Botha van Centurion hul superhelde se uitrustings aangetrek het, is hulle, soos hul ouers, Jeanne-Mari en Christo, Blou Bul-ondersteuners. Foto: Raymond Willemse

Die FNB-stadion net buite Soweto het Sondag gewemel van “superhelde” soos rugbyentoesiaste hul gunsteling spanne op Superheld-Sondag kom ondersteun het.

Suid-Afrika se vier Superrugby-spanne (Stormers teen die Haaie en die Leeus teen Bulle) het teen mekaar gespeel ter voorbereiding vir die Superrugby-reeks. Die Stormers was in Thor-truie, die Haaie in Black Panther-, die

Leeus in Spider-Man- en Bulle in Captain America-truie

Dit was die tweede keer dat hulle in hul superheld-truie, deel van ’n vennootskap tussen Marvel Comics en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, gespeel het.

superheld-rugby
Die Senekal-gesin, Carra, Bazil en Jonathan, het van Witbank gekom om die Bulle te kom ondersteun in die FNB-stadion. Foto: Raymond Willemse

Hoewel die vyfjarige Jonathan Senekal van Witbank soos sy pa, Bazil en ma, Carra, Blou Bulle-ondersteuners is, het hy verkies om die Leeus se uitrusting aan te trek.

“Spider-Man is my gunsteling-superheld,” was Jonathan se verduideliking.

Bazil sê sy Captain America-skild is ’n DStv-skottel wat sy suster Saterdagaand gou vir hom geverf het. “Sy het ook vir my die Thor-hamer gemaak.”

Megan de Lange en Franco Claassen het om ongeveer 08:00 die pad uit Potchefstroom gevat om die rugby in die stadion te kom kyk.

“Die dubbeldoor-wedstryde wat vandag plaasvind, was beslis ’n aansporing om ons span, die Stormers, te kom ondersteun,” sê Claassen.

De Lange sê dit is ’n belewenis om al vier spanne te sien speel.

Vir die twee broers Lian Burger (8) en Liam van Tonder (12) van Krugersdorp maak dit nie saak dat die jonger boetie ’n Leeus-ondersteuner is nie en die ouer boetie vir die Stormers skree nie. Lian sê sy gunsteling is Faf de Klerk en Liam s’n is Siya Kolisi.

“Siya is my rolmodel ek hou van hoe hy die span lei,” sê Liam, wat ook o.13-rugby vir sy skool speel.

Garth Terblanche van Benoni het saam met sy vrou, Chantel, en twee kinders, Shanton en Gea, onderskeidelik die Leeus en die Blou Bulle kom ondersteun.

“Dit is lekker om as gesin hierheen te kom en ons span aan te moedig.”

superhelde, rugby
Bassie Koboyankwe, haar dogter Bokang (3) en suster, Choki, was aangetrek in die gees van die geleentheid. Foto: Raymond Willemse
superhelde, rugby
Lufuno Rambuwani het gesorg dat sy vriende se dors geles is. Foto: Raymond Willemse
superhelde, rugby
Liam van Tonder (12) het vir die Stormers geskreeu en Lian Burger (8) vir die Leeus. Foto: Raymond Willemse
superhelde, rugby
Daar was geen twyfel nie oor wie Megan de Lange en Franco Claassen se gunstelingspan is nie. Foto: Raymond Willemse

Bassie Koboyankwe van Randburg, haar suster, Choki, en dogter Bokang (3), was almal in hul superhelde-uitrusting.

Bassie sê sy het nie in rugby belanggestel nie totdat die Wêreldbeker haar laat kyk het. Ek sal beslis weer ’n wedstryd kom kyk.”

Lufuno Rambuwani, ’n Blou Bul-ondersteuner van Krugersdorp, het gesorg dat sy vriende ’n paar koue biere het om die rugby te geniet.

“Dit is lekker om verskillende mense hier te sien. Dit bewys net weer dat rugby die vermoë het om grense wat ons skei af te breek. Ons as land moet voortbou op die momentum van die vorige wêreldbeker. Rugby is beslis voordelig vir vir sosiale kohesie in ons land.”

Die Stormers-ondersteuner, Christo McCallum van Riverlea, sê hy is dankbaar dat die kaartjies bekostigbaar is.

“As die rugbybase die kaartjies se pryse op hierdie vlak hou, sal meer mense rugby in die stadions kom kyk.”

Meer oor:  Fnb-Stadion  |  Rugby  |  Superheld-Sondag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.