Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rugbyheld James Small (50) sterf
James Small | Foto: Gallo Images

James Small, die bekende Suid-Afrikaanse rugbyspeler en een van die helde van die 1995-Wêreldbekertriomf, is Woensdag op 50 jaar dood.

Vaughn Small, sy ma, het in trane bevestig haar seun is dood.

Hy was kort voor sy dood in Kaapstad en het per vliegtuig na Johannesburg gereis waar hy saam met sy dogter, Ruby (14), gewoon het. Ruby is ook die dogter van die bekende model Christina Storm. Small is in Johannesburg dood. 

Daar word betroubaar verneem Small is omstreeks 12:00 dood nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval gekry het.

Storm was na verneem word erg deur die nuus geskok.

Small het sy toetsdebuut op vleuel vir die Springbokke in 1992 teen Nieu-Seeland, Suid-Afrika se eerste toets ná sportisolasie, gemaak. Hy het in altesaam 47 toetse uitgedraf, waarvan die laaste in 1997 was.

"Ons vermoed dis 'n hartaanval, maar kan dit nog nie bevestig nie," sê sy ma.

Klik hier om meer oor James Small te lees. 


Suid-Afrikaners, bekendes en oud-spanmaats het met skok en trane gereageer op die nuus. Volg hier regstreeks soos wat medelye instroom.

Joel Stransky, James Small, Balie Swart, André Joubert, Chris Rossouw en Hannes Strydom geniet die atmosfeer op Ellispark ná hul oorwinning teen die All Blacks.


Kyk dié hoendervel-oomblikke uit sy loopbaan:

Meer oor:  James Small  |  Hartaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.