Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rugbyspeler kan toekoms ‘tackle’ as hy ’n beurs kry

Leon Koortzen is ’n begaafde en passievolle rugbyspeler van Kimberley wie se drome van ’n studiebeurs afhang.

Omdat hy in moeilike omstandighede grootgeword het, is dit net ’n beurs wat sy toekoms in rugby kan verseker.

Leon Koortzen, wat vir die Griekwas in die Cravenweek gespeel het, is ’n talentvolle jong rugbyspeler.

Hy het verlede jaar sy matriek aan die Hoërskool Noord-Kaap geslaag.

’n Studie- en rugbybeurs sal Leon Koortzen se toekomsdrome verwesenlik. Foto: Charné Kemp

Koortzen het van sy 16de jaar al op provinsiale vlak vir die Griekwas in die Valke- en Akademie-week gespel. Verlede jaar het hy aan die Cravenweek in die Paarl deelgeneem.

Sy talent is reeds deur ’n rugbyunie raakgesien.

“Hulle het my al twee keer genader om vir hulle te speel. Hulle bied my ’n 50%-beurs aan wat die helfte van my sakestudies sal betaal. Ek sal egter my eie verblyf en kos moet dek.

“Ek het nie die geld nie en kan dus nie van die geleentheid gebruik maak nie. Ek het net tyd tot 30 Januarie om die beurs te aanvaar. Ek sal in enige plek in die land speel solank ek ’n volle beurs kan kry.”

Hy word deur verskeie mense ondersteun, onder wie Deon Marais, ’n geestelike mentor.

Deon Marais, Leon Koortzen se geestelike mentor, glo Koortzen is ’n begaafde rugbyspeler wie se drome deur ’n beurs verwesenlik kan word. Foto: Charné Kemp

Koortzen, wie se ouers geskei is, bly by Claude en Desire Deyzel, sy pleegouers, in Kimberley. Sy ma, Belinda, bly nie te ver weg nie in Barkly-Wes, waar sy werk.

Sy pa bly in Zimbabwe.

“Ek het van gr. 1 af rugby gespeel. Dit is ’n ontsnapping in moeilike tye. Ek speel slot, maar kan ook agsteman speel.

“Rugby kan deure oopmaak wat my ouers nie kan nie. Die spel is my passie en droom. Ek is ’n hardwerkende speler wat nie bang is nie.”

Marais sê Koortzen is “ystersterk”.

“Jy kan sien as hy nie in die skrum is nie. Hy is ook net so rats. Leon is nie bang om te tackle nie en gebruik geleenthede. Hy fokus heeltemal op die spel.“Hy benodig ’n beurs wat al sy onkoste sal dek en sy drome sal ontsluit. Die aanbiedinge wat hy tans het, is ongelukkig onvoldoende. Hy sal dit nog ver met sy rugby en sakestudies bring.”

Meer oor:  Matriekeksamen2018  |  Matrieks  |  Beurs  |  Matriekuitlae2018  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.