Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rugbyspeler ‘kry goeie nuus’ ná beweerde aanranding
Tiaan Swanepoel Foto: Argief

Tiaan Swanepoel, ’n rugbyspeler van die Southern Kings, het self bewys hy is nie die persoon wat ’n hoogswanger vrou in Melkbosstrand aangerand het nie.

Nou gaan die klagte teen hom glo laat vaar word.

Swanepoel (19) en sy vriendin, Anneke Pienaar, het op 5 Januarie in die plaaslike landdroshof in Atlantis op aanklagte van aanranding, crimen injuria en roekelose ennalatige bestuur verskyn.

Swanepoel staan tereg op die eerste twee aanklagte, terwyl Pienaar van roekelose en nalatige bestuur aangekla word.

Die aanklagte spruit uit ’n voorval op 13 Desember 2020 in Melkbosstrand toe Rhimondy Apollis en haar man en ma in dié kusdorp was waar Swanepoel haar glo ’n “h*tn*t” genoem en aangerand het. Apollis was toe 37 weke swanger.

Die gesin het dié dag omstreeks 18:45 uit Atlantis in Melkbosstrand aangekom en het op ’n parkeerterrein stilgehou. Apollis se man het roomys gaan koop.

Dit is hier waar Pienaar glo in hul kar vasgery en Swanepoel Apollis glo geslaan en gewurg het.

Swanepoel het by monde van ’n vriend, Hanro Liebenberg, gesê hulle het Vrydagoggend “wonderlike nuus gekry van die takbevelvoerder van die Melkbosstrand-polisie”.

Volgens Liebenberg het hulle glo ’n jong vrou, wat die aand daar was, opgespoor en haar besonderhede aan die polisie deurgegee en die polisie het ’n verklaring by haar afgeneem.

“Met die bewyse wat ons ingedien het en ook haar verklaring wat gegee is, gaan Tiaan Maandag in die hof verskyn sodat die saak teen hom teruggetrek kan word,” het Liebenberg gesê.

Tiaan is onskuldig en ons het dit so bewys. Tiaan is reg grootgemaak en het respek vir vroue. Dit wat met die Apollis-familie gebeur het, is verkeerd en ons wens hulle alle sterkte toe in die saak, en dat die skuldige persoon vasgetrek sal word.

Liebenberg-hulle het glo verskeie bewyse soos foto’s en skermgrepe van gesprekke van waar Swanepoel die dag was. Hy het glo gholf gespeel en is toe omstreeks 14:00 na sy ouerhuis vir ’n braai waar hy glo die res van die dag was.

“Tiaan is onskuldig en ons het dit so bewys. Tiaan is reg grootgemaak en het respek vir vroue. Dit wat met die Apollis-familie gebeur het, is verkeerd en ons wens hulle alle sterkte toe in die saak, en dat die skuldige persoon vasgetrek sal word,” sê Liebenberg.

Liebenberg sê die Swanepoel-familie kan saamstaan en “het immers self alle bewyse en getuies bymekaargemaak om die jong man se onskuld te bewys”.

Hy sê dit wys net ’n mens moenie te vinnig oordeel nie.

Navrae is aan die polisie gerig om Liebenberg se kommentaar te bevestig.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die ondersoek is steeds nie afgehandel nie en die “fynere detail kan nie in hierdie vroeë stadium bekend gemaak word nie”.

Hy sê dit is nie die polisie se mandaat om te besluit of klagte teruggetrek word nie.

Liebenberg het niks oor Pienaar se saak gesê nie.

Meer oor:  Melkbosstrand  |  Aanranding  |  Tiaan Swanepoel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.