Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ruiters gaan die perde laat dans

Met ’n liefde vir perde en die droom om eendag aan die Olimpiese spele deel te neem, sien Amory Smith daarna uit om toertjies op haar Hannoveraan, Royal Fleur se rug uit te haal.

Rita Brink se span is van links Denis Ncube, Frequens, David Coetzee, Tamara Hasselberg op Dream of Dancier en Henry Dzapasi.

Smith (16), ’n gr. 10-leerling aan die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria, is die jongste ruiter wat Woensdagaand by die glansryke Concourse de Dressage International (CDI)/Lipizzaner-funksie in Kyalami deelgeneem het. Sy gaan ook aan die internasionale dressuur-skou wat in Julie in Brits plaasvind, deelneem.

“Vandat ek kan onthou het ek ’n groot liefde vir perde gehad, maar sedert my ouers vir my ’n ponie gekoop het vir my vierde verjaarsdag, het my geesdrif vir perdry al hoe groter geword,” sê Smith.

Meer as 200 ruiters word verwag by die skou wat ’n internasionale gradering van 2 sterre het.

Nog ’n ruiter, Tamara Hasselberg van Botswana, is ’n voormalige wenner en gaan met twee perde deelneem.

Frequens, ’n Hannoveraan en Dream of Dancier, ’n Oldenburg-perd is slaggereed vir die spoggeleentheid.

“Hoewel dit ’n baie moeilike sport is, geniet ek dit vreeslik baie. Ek ry Dream of Dancier vir die afgelope vier jaar en Frequens vir twee jaar.

Amory Smith en Royal Fleur gaan eersdaags deelneem aan die internasionale dressuur-skou wat in Julie in Brits plaasvind.

“Jy moet ’n verhouding bou met jou perd, hul persoonlikheid verstaan, hul karakter, waarvan hulle hou en nie hou nie. Daarna begin die harde werk en die oefen.”

Rita Brink van Botswana en die eienaar van dié twee perde, sê sy sien uit na dié spoggeleentheid.

“Ons werk baie hard om die perde in goeie kondisie te kry. Hulle neem jaarliks aan sowat ses skoue deel, waarvan dié skou in Julie met internasionale beoordelaars beslis ’n hoogtepunt is.”

Vir diegene wat nog nooit by die skou was nie, meen Natalie Hobday, wat voorheen vir deelname aan Olimpiese- dressuur gekwalifiseer het, een van die organiseerders van die skou. Sy sê dit is ’n onmisbare hoogtepunt op die sportkalender.

“Hier wys perde op die maat van musiek hul prag, krag en verskeie tegnieke. Dit is ’n kombinasie van ballet en gimnastiek.

“Ons is opgewonde oor die ongeveer 200 ruiters wat aan die skou gaan deelneem.”

Die Concourse de Dressage International/Federation Equestre Internationale skou vind van 25 tot 29 Julie in Brits plaas.

Meer oor:  Pretoria  |  Perde  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.