Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rupert: Ek is nie ’n rassis nie

Johann Rupert (68), een van Suid-Afrika se rykste sakemanne, sê hy is baie dinge, maar hy is beslis nie ’n rassis nie.

Johann Rupert Foto: Getty

Rupert is Dinsdagaand by ’n PowerFM-geleentheid daarvan beskuldig dat hy ’n rassis is.

“Dis makliker om vir iemand te sê dat hy arrogant en rassisties is, maar gelukkig wys my geskiedenis dat ek nie rassisties is nie.

“Kapitalis, ja. Wit, ja. Monopolie, ja, maar nooit ’n rassis nie. Ek kan enigiemand ’n rassis noem. Dink jy nie dit is tyd dat Suid-Afrikaners met mekaar praat en nie op mekaar skree nie?” het hy Given Mkhari, die aanbieder, gevra.

“Ons land is nie tans op ’n wonderlike plek nie en die res van die wêreld gee nie om nie.”

Die Twitterati was egter nie te vinde vir wat Rupert te sê gehad het nie omdat hy woorde soos blacks en the snowflake generation gebruik het.

Urban Dictionary, die gewilde aanlyn webwerf wat definisies en gebruike van spesifieke slengwoorde en jargon gee, sê die snowflake generation is ’n generasie wat liggeraak is en vinnig gekrenk voel en omgekrap word wanneer iets hulle aanstoot gee.

Rupert het ook die EFF as red-beret Vendas beskryf en sê hulle is “comrades who buy their struggle uniform at Pepkor”.

Meer oor:  Johann Rupert  |  Rassis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.