Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rupert kry humanitêre prys in New York

Die sakeman Johann Rupert sal binne die volgende paar weke ’n humanitêre prys in New York ontvang vir sy wêreldwye filantropie en werk met die Nelson Mandela-kinderfonds.

Rupert sal op 22 September by die Grand Hyatt-hotel in New York saam met Christine Lagarde, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), vereer word met die Appeal of Conscience-wêreldleierprys vir 2018.

Johann Rupert, die bekende Suid-Afrikaanse sakeman.Foto: Petrus Malherbe

Onlangse ontvangers van die prys sluit in François Hollande, die voormalige Franse president, David Cameron, die voormalige Britse premier, en Michael Bloomberg, sakeman en voormalige burgemeester van New York.

Howard Cannon, woordvoerder van die stigting, beskryf Rupert as ’n hooggeagte internasionale sakeman “wat hom beywer het om humanitêre kwessies reg oor die wêreld te bevorder”.

Hy sê Rupert gebruik sy rykdom om “die wêreld ’n beter plek te maak” en dat die stigting se direksie besluit het dat hy ’n waardige ontvanger sou wees.

“Hy is iemand wat seker gemaak het dat ondernemings hul deel doen,” sê Cannon.

Rupert is uitvoerende voorsitter van die luuksegoederegroep Richemont en die beleggingsmaatskappy Reinet.

Meer oor:  Richemont  |  Johann Rupert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.