Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Russiese psigiater laat gedig by ABO-kongres lééf

’n Russies-gebore dokter en berader het Woensdagaand met ’n roerende voorlesing van ’n gedig oor ’n raaf, wat sy ook sonder begeleiding gesing het, kongresgangers van die 120ste herdenking van die Anglo Boereoorlog (ABO) vasgenael gelaat.

Dr. Eleni Komarova-Tagar, het Donderdag ook ’n lesing by die kongres by die Oorlogsmuseum van die Boerepublieke oor broederskap vanuit die persoonlike blik van Russiese vrywilligers, militêre moniteerders, dokters en verpleërs in die ABO gelewer.

Dr. Eleni Komarova-TagarFoto: Charne Kemp

Komarova-Tagar, wat reeds sestien jaar in Suid-Afrika woon en werk, was self ook geroer deur ander lesings oor vroue en kinders se lyding in die konsentrasiekampe, die bestuur van trauma en herinnering en terugblik en geheue en hoop. Sy het ook na die aangrensende Vrouemonument gaan kyk.

“Dit gaan oor die gees, die spirit, die geskiedenis wat ons tegemoet kom,” sê Komarova-Tagar.

“Ons kom met groot afwagting byeen om oor oorlog te praat, gebeure wat in ons diepste belang is.

“Wanneer ons as’t ware in die ruimte is, voel ons die lyding en tragedie aan.”

Die Russiese vrywilligers was betrokke omdat hulle hul broeders ondersteun het.

Dr. Elina Komarova-Tagar sing ’n gedig oor die raaf. Foto: Charné Kemp

“Daar was geen ras, geloof of ideologie wat hulle geskei het nie, net om broeders in onderdrukking te ondersteun, net soos wat Rusland ook later in die geskiedenis vir ander Suid-Afrikaners gedoen het. Hoewel dié houding prysenswaardig in sy essensie is, is dit vir sommige kontroversieel.

“Hier by die kongres praat ons ons oor onsself. Die aanbiedings was ongelooflik, professioneel en insiggewend, en die kongres informeel en menslik. Ek het ’n bejaarde man, ’n prominente figuur hier gesien wat vir sy moeder gehuil het. ’n Mens kan net buig en ’n minuut stilte hou. Dis is hoe die geskiedenis en toekoms in ’n mens ontmoet.

“Ek het ses jaar gelede begin belangstel in ons gedeelde geskiedenis, en was gefassineer.”

Sy wil die Russiese dagboeke laat vertaal waarin die boere se militêre taktieke en strategie beskryf is. “Ek glo dit het aanleiding gegee dat Suid-Afrika later ’n formidabele weermag ontwikkel het. Die boere het nie kaarte gehad nie, want hulle het die land vanuit hul wese geken. Hoewel hulle onvriendelik vir die Russe voorgekom het, was die Russe beïndruk met hul diep geloof en sterk gemeenskapsbande.”

Sowat 225 Russe, waarvan sommige voor die oorlog reeds in Suid-Afrika was, het saam met die boere geveg. Van hulle is 31 gevange geneem en na krygsgevangekampe weggeneem.

Dr. Elina Komarova-Tagar is meegevoer deur emosies oor die trauma en herinnering oor die Anglo-Boereoorlog. Foto: Charné Kemp
Die gedig oor die raaf word deur dr. Elina Komarova-Tagar voorgelees. Foto: Charné Kemp
Meer oor:  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.