Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Russiese toeriste se peperduur kajakke in Oos-Kaap gesteel

’n Groep Russiese toeriste se kajakke van sowat R100 000 is gesteel terwyl hulle ’n winkelsentrum in Mthatha besoek het.

Die kajakke en sleepwa wat die afgelope week in Mthatha in die Oos-Kaap gesteel is. Foto: Facebook, Shane Raw

Die witwaterroei-kajakke, wat die toeriste saam met hulle die land ingebring het, is Dinsdag saam met die sleepwa waarop dit was, by die winkelsentrum gesteel.

Volgens Shane Raw, ’n plaaslike ywerige witwaterroei-avontuurlustige wat die groep buitelanders met inligting oor Suid-Afrika se roei-gebiede voorsien het, sê die groep sal Donderdagaand sonder hul kajakke huis toe vlieg.

Die groep toeriste het Dinsdag hul roei-ekskursie onderbreek om ’n lid van hul groep na die St. Mary’s-hospitaal in Mthatha te neem.

Ná hul hospitaalbesoek het hulle die plaaslike winkelsentrum besoek.

Raw sê die groep het hul bussie en sleepwa met die kajakke oorkant een van die ingange van die winkelsentrum geparkeer.

Met hul terugkeer was die sleepwa skoonveld.

“Benewens die kajakke was daar ook roei- en kamptoerusting op die sleepwa. Gelukkig was hul sakke en klere in die bussie,” sê Raw.

Die groep van agt was in die land as deel van hul maand lange witwaterroei-toer in Suider-Afrika. Dit het in Mutare in Zimbabwe begin, waarna hulle die Zambezirivier aangedurf het. Hulle het net meer as ’n week gelede in KwaZulu-Natal aangekom en die afgelope week die Tsitsarivier naby Mthatha in die Oos-Kaap aangedurf.

Raw sê die besoekers het hom kort ná die diefstal gekontak en gesê hulle is baie teleurgesteld oor die voorval.

Hy het ’n foto van die sleepwa met die kajakke op sosiale media geplaas en mense versoek om hul oë oop te hou daarvoor.

“Die inskrywing is al meer as 5 000 keer gedeel. Mense bel ook om vir meer inligting te vra, wat hulle dan op buurtwaggroepe deel. Dit is wonderlik om te sien hoe bereidwillig mense is om te help. Dit bly ongelukkig ’n slegte herinnering waarmee die buitelanders sal huis toe gaan.”

Raw sê die kajakke is uniek en nie plaaslik te koop nie, wat hom hoopvol maak dat dit dalk opgespoor kan word.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê nog geen deurbraak is in hul ondersoek gemaak nie, maar leidrade word opgevolg.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Toeriste  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.