Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kletsrymer se verloofde val haar dood
Die kletsrymer Kiernan Forbes, bekend as AKA, en Nelli Tembe, sy verloofde. Foto: Instagram

Die polisie was Sondag om 14:00 steeds op die toneel by die luukse Pepperclub-hotel in Kaapstad waar ’n 22-jarige vrou  glo van die tiende verdieping geval het. Sy was die verloofde van die bekende Suid-Afrikaanse kletsrymer Kiernan Forbes, bekend as AKA.

Anele (Nelli) Tembe (22), aan wie AKA op 21 Februarie verloof geraak het, se familie het die nuus Sondagmiddag bevestig en gesê AKA is “ontroosbaar”.

Hy het reeds lobola betaal aan haar familie om met haar te trou. Hy het enkele ure voor die voorval nog foto’s en video’s van sy geliefde op Instagram geplaas.

Sy het die knewel van ’n diamantring wat hy aan haar gegee het, aan haar vinger in die foto’s.

“Ons is steeds geskok en verwerk ons emosies. Sy was ’n uitsonderlike en begaafde jong vrou. Sy het ’n lieflike geaardheid gehad en was altyd koesterend teenoor diegene om haar,” lui ’n verklaring van die familie.

“Kiernan word deur familie en nabye vriende ondersteun.”

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê misdaadtoneelkenners fynkam die toneel vir leidrade. Volgens hom het die voorval Sondag omstreeks 07:45 gebeur.

Een van die kamers in die Pepperclub-hotel in Kaapstad. Foto: pepperclub.co.za

Tembe het die val, glo van ’n platform op die tiende verdieping, oorleef en was in ’n kritieke toestand toe paramedici opdaag, sê Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911.

“Sy het op die teer geval. Haar beserings was ongelukkig te ernstig en sy op die toneel dood verklaar.”

Volgens Herbst is daar ’n tipe nagklub op die verdieping waarvan Tembe geval het. Dit kon nie met die hotel bevestig word nie.

Luidens berigte was Tembe ’n baie private persoon en het dit nie geniet om in die kollig te wees nie. AKA het glo vroeër gesê hy vind haar persoonlikheid verfrissend.

’n Dubbelkamer in die betrokke hotel kos R4 190 per nag en kamers het volgens die hotel se webtuiste balkonne met uitsigte oor Tafelberg, Vlaeberg, Tafelbaai of die middestad.

Meer oor:  Aka  |  Anele (Nelli) Tembe  |  Dood  |  Verloofde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.