Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA 109de uit 156 op lys van gelukkigheid

Suid-Afrika se glimlag lê maar vlak met ’n 109de plek uit 156 lande in die jongste Wêreld­gelukkigheidsverslag.

Finland is heel boaan en die enigste nie-Skandinawiese land onder die topvyf is Switserland, wat in die derde plek is.

Heel onderaan die lys is Afganistan, met Suid-Soedan en Zimbabwe kort op sy hakke.

Die verslag word opgestel deur die Netwerk vir Volhoubare Ontwikkelingsoplossings, wat by die Verenigde Nasies geaffi­lieer is, en is Vrydag uitgereik.

Dit is gegrond op opnames wat tussen 2017 en 2019 gedoen is.

Jhb 120ste en Kaapstad 130ste uit 186 stede.

Luidens die verslag is die Finne se tevredenheid te danke aan hoë vlakke van vertroue, betroubare en uitvoerige welsynsvoordele, min korrupsie en die feit dat die demokrasie en staatsinstellings goed werk. Hulle het ook ’n hoë vlak van selfstandigheid en vryheid.

Die Finse hoofstad, Helsinki, is ook die stad met die gelukkigste inwoners. Aarhus en Kopenhagen in Denemarke is onderskeidelik tweede en vyfde. Wellington in Nieu-Seeland is derde en Zürich in Switserland vierde.

Johannesburg is in die 120ste plek uit 186 stede en Kaapstad 130ste. Die Afgaanse hoofstad, Kaboel, is in die laaste plek.

Suid-Afrika het ook sy eie gelukkigheidsindeks.

Prof. Talita Greyling van die Universiteit van Johannesburg en dr. Stephanié Rossouw van die Auckland-Universiteit vir Tegnologie het in April verlede jaar daarmee begin. Die sowat 60 000 twiets wat Suid-Afrikaners daagliks uitstuur, word met behulp van ’n algoritme ontleed om die emosie daarvan te bepaal.

Dit word dan op ’n skaal van 0 (ongelukkig) tot 10 (gelukkig) geplaas.

Die indeks het verlede Sondag skerp geval nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n ramptoestand afgekondig het wat beperkings op reis en byeenkomste en die sluiting van skole insluit.

Volgens Greyling was die sterkste emosie vrees, gevolg deur vertroue. Sy sê die ver­troue-twiets het meestal ’n geloofsondertoon gehad. Die derde sterkste emosie was afwagting, wat die onsekerheid van Suid-Afrikaners bevestig.

Die meting van 5,87 is vergelykbaar met die laagtepunt van 5,4 wat Suid-Afrika in September verlede jaar met die xenofobiese aanvalle gehaal het.

Greyling sê die hoogste vlak nog (7,1) was toe Siya Kolisi, die Springbokkaptein, die Wêreldbeker in November verlede jaar omhoog gehou het. Die sterkste emosie destyds was vreugde.

Die indeks word uurliks op gnh.today opgedateer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.