Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA aktrises loop ook deur onder teistering

Die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is dalk selfs erger as Hollywood wat seksuele teistering betref, sê Zoe Chiriseri, woordvoerder van die organisasie Swift.

‘Vroue is traag om dit aan te meld.’

Swift – Sisters Working in Film and Television – het onlangs ’n peiling onder 80 vroue in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf gedoen en bevind altesame 65% van hulle het al gesien hoe mense in magsposisies vroue seksueel teister.

77% van die vroue het gesê hulle loop gereeld deur onder seksueel diskriminerende kommentaar.

78% sê daar word teen hulle gediskrimineer as gevolg van hul geslag.

66% is voorgetrek deur medewerkers omdat hulle vroue is.

Die peiling het ook getoon dat lesbiërs veral geteiken word.

68% van dié vroue het ook gesê dat hulle dubbel so hard as mans moet werk om hulself te bewys en dat hulle steeds kleiner salarisse as mans kry.

“Selfs meer skokkend is dat die studie toon vroue is traag om voorvalle aan te meld of daaroor te praat omdat hulle glo daar gaan niks daarvan kom nie en dat hulle gebrandmerk sal word as ’n probleem.”

Van die voorbeelde van teistering wat Swift gebruik in sy #ThatsNotOkay-veldtog is ’n aktrise wie se borste “per ongeluk” betas word terwyl ’n mikrofoon aan haar klere geheg word en ’n lynvervaardiger wat langer by die werk gehou word as wat nodig is sodat die vervaardiger haar “beter kan leer ken”.

Dit is alles gegrond op ware verhale van vroue in die plaaslike bedryf.

’n Voormalige vervaardiger wat nie by die studie betrokke was nie, het aan City Press vertel wat agter die skerms gebeur.

“Ek het op een van die stelle waar ek gewerk het, besef dat daar veel meer agter die kameras aangaan as wat ek besef het.

“ ’n Klankspan was besig met ’n volskaalse seksprojek in hul trok.

“Daar was ’n matras agterin en hulle het aan die jong meisies en aktrises vertel dat hulle vir hulle ’n beter posisie kan beding as hulle seks met hulle het,” het die vervaardiger gesê.

Swift is in Julie gestig om vroue in die plaaslike bedryf te ondersteun.

Meer oor:  Seksuele Teistering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.