Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA bevolking nou meer as 59,62 m.

Suid-Afrika se bevolking het binne ’n jaar van sowat 58,8 miljoen tot ’n geraamde 59,62 miljoen mense toegeneem.

Foto ter illustrasie. Foto: Reuters

Só sê Statistiek SA, wat Donderdag sy bevolkingsyfers vir die middel van die jaar uitgereik het.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste mense in die land, met ’n geraamde bevolking van 15,5 miljoen mense (26,0%).

Gauteng is ook, volgens die jongste data, die provinsie wat die meeste immigrante lok met 1,55 miljoen mense wat sedert 2016 hulle daar gevestig het. Dié getal sluit migrante uit ander provinsies sowel as buite die land in, het Statistiek SA Donderdag gesê.

Beter ekonomiese geleenthede, werkgeleenthede en die belofte van ’n beter lewe is van die faktore wat Gauteng ’n aantreklike bestemming vir immigrante maak.

Die hoë bevolkingsdigtheid in Gauteng dra ook by tot meer koronavirusgevalle.

Die hoë bevolkingsdigtheid in Gauteng dra ook by tot meer koronavirusgevalle, wat ongetwyfeld ’n groot invloed op die bevolkingsyfers sal hê. Gauteng het Woensdag die Wes-Kaap as die brandpunt van die Covid-19-pandemie verbygesteek met meer as 75 000 infeksies, byna ’n derde van alle gevalle in die land.

Volgens Statistiek SA se verslag is 51,1% (sowat 30,5 miljoen) van die bevolking vroue.

KwaZulu-Natal is die provinsie met die tweede grootste bevolking, met ’n geraamde 11,5 miljoen mense (19,3%). Met ’n bevolking van sowat 1,29 miljoen mense (2,2%) bly die Noord-Kaap die provinsie met die kleinste bevolking in die land.

In die Wes-Kaap is daar 7 miljoen mense, in die Oos-Kaap 6,7 miljoen, in Limpopo 5,8 miljoen, in Mpumalanga 4,6 miljoen, in Noordwes 4,1 miljoen en in die Vrystaat 2,9 miljoen.

Ander insiggewende syfers in die verslag sluit in:

• Sowat 28,6% van die Suid-Afrikaanse bevolking is jonger as 15 jaar en sowat 9,1% (5,4 miljoen) is 60 jaar of ouer;

• Van die mense jonger as 15 jaar woon die meeste in KwaZulu-Natal (21,8%), gevolg deur Gauteng (21,4%);

• 24,1% (1,31 miljoen) bejaardes (60 jaar en ouer) woon in Gauteng;

• Die persentasie bejaardes van 60 jaar en ouer het van 7,6% in 2002 tot 9,1% in 2020 toegeneem; en

• Sowat 13% van die Suid-Afrikaanse bevolking is MIV-positief. Die mense wat met MIV leef, word geraam op 7,8 miljoen. Vir volwassenes tussen 15 en 49 jaar is ’n geskatte 18,7% van die bevolking MIV-positief.

Bron.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.