Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA egpaar tuis ná Covid-19 hulle in Rome vaskeer

’n Suid-Afrikaanse egpaar wat nie twee weke gelede saam met ander landgenote uit Rome gerepatrieer kon word nie omdat die vrou se toetsing vir die koronavirus as “onbeslis” aangedui is, is uiteindelik ook terug in die land.

Mike Hiron (64) was juis dié een wat sy beste gegee het om sy landgenote te help om vanuit Rome te kon terugvlieg, maar hy het twee weke gelede besluit om eers saam met sy vrou, Kim (53), agter te bly.

Hiron het Dinsdag gesê hy en sy vrou kon Vrydagaand ’n vlug vanuit Rome na Frankfurt in Duitsland kry. Hulle was deel van ’n groep van 16 mense wat vir eers in Rome moes agterbly. Van dié 16 kon agt Vrydagaand terugvlieg, maar die oorblywende agt is of te siek om terug te vlieg of word in ’n hospitaal in Rome behandel, sê Mike.

“Ons is nou in die kwarantyn-sentrum in Sandton en word baie goed behandel. Ons is baie verlig om terug op Suid-Afrikaanse bodem te wees,” sê Hiron.

Mike en Kim Hiron is terug in Suid-Afrika.Foto: Verskaf

Die egpaar is nog onseker hoe hulle van Johannesburg na Durban sal kan ry nadat hul 14 dae van kwarantyn verby is. Hulle oorweeg dit om ’n motor te huur.

Mike sê die groep uit Rome was saam met ’n groter groep van 160 gestrande Suid-Afrikaners in Europa wat Vrydagaand teruggevlieg het.

Almal wat op dié vliegtuig was, is Vrydagaand in groepe van 20 na doeanebeamptes geneem, waarna hulle terug is na die landingstrook om hul bagasie te gaan haal. Hulle is daarna in groepe van 10 elk in minibusse met 20 sitplekke na die sentrum vir verdere kwarantyn geneem.

Die Hiron-egpaar en ander Suid-Afrikaners wat in Rome gestrand was, was passasiers van die passasierskipCosta Luminosa wat op 24 Februarie van Fort Lauderdale in Amerika na die hawestad Savona in die noordweste van Italië vertrek het. Nadat iemand op die skip positief vir die koronavirussiekte getoets het, was hulle eers saam met ander passasiers op die skip in kwarantyn en moes hulle daarna in ’n hotel in Rome bly.

Meer oor:  Rome  |  Repatriasie  |  Vasgekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.