Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA fietsryer laat rekords spat in Mexiko

’n Oud-Bloemfonteiner het vandeesweek twee wêreldrekords en ’n Suid-Afrikaanse rekord in baanfietsry in Aguascalientes, Mexiko, verbeter.

Gert Fouché (39), ’n oudleerling van Grey-Kollege en oud-Kovsie, sal nou vir hom ’n nuwe doelwit moet stel nadat hy die kruin van sy baanfietsloopbaan bereik het.

Dié Pretoriase prokureur het Maandag met sy tyd van 4 minute en 20 sekondes in die individuele 4 km-agternasit-wedren die rekord van 4 minute en 32 sekondes verbeter.

Gert Fouché vandeesweek in aksie op die baan in Aguascalientes, Mexiko. Foto: Verskaf

Dieselfde dag het hy die wêreldrekord van 3 minute en 18 sekondes in die individuele 3 km-agternasit-wedren met sy tyd van 3 minute en 14 sekondes in die meesterskategorie verbeter.

Donderdag was sy eintlike toets, die uur-wedren, wat hy met vlieënde vaandels geslaag het.

“As dit kom by baanfietsry is die uur-rekord een van die mees gesogte rekords. Dit is die uiterste toets,” sê hy vanaf die lughawe in Aguascalientes.

Fouché moes verder as 49,5 km in dié uur op die baan ry om die wêreldrekord te verbeter, toe ry hy 51,599 km. Hy sê dit is vinniger as wat

Gert Fouché (derde van regs) nadat hy Donderdag die wêreldrekord in die uur-wedren van baanfietsry verbeter het. Fouché moes verder as 49,5 km in dié uur op die baan ry om die wêreldrekord te verbeter, toe ry hy 51,599 km.Foto: Verskaf

professionele fietsryers al gery het.

“Dis net jy en jou fiets; jy het ’n uur en begin van ’n stilstaande posisie af. Jy het een rat wat jy voor die tyd kies. Jy kan nie ratte verwissel nie en kan nie ophou trap nie,” sê Fouché.

Hy sê daar is ’n beampte aan die kant wat ná elke rondte die fietsryer se spoed aandui.

“So jy probeer maar net by ’n sekere spoed hou om te verseker jy kan die vorige rekord verbeter.”

Gert FouchéFoto: Facebook/Cycling SA

Hy sê hy is nog lank nie klaar met dié sport nie. Hy weet nog net nie wat sy volgende doelwit is nie, maar sal beslis iets kry.

Volgens Fouché was daar ’n opbou tot waar hy nou is, en neem dit tyd om in dié sport te verbeter.

Hy het in 2018 die Suid-Afrikaanse uur-rekord verbeter.

Netwerk24 het voorheen berig oor sy prestasies soos die twee goue medaljes en ’n bronsmedalje wat hy in 2017

Gert Fouché Foto: Facebook/Gert Fouché

op die baanfietsry-wêreldkampioenskap vir meesters in Kalifornië gewen het.

Fouché is verlede jaar ook in die elite-fietsryers se groep vir die Statebondspele ingesluit.

Wat motiveer hom om aan so ’n uitdagende sport deel te neem terwyl hy reeds ’n beroepsloopbaan in die regte volg?

“Ek is maar net nog altyd baie lief vir fietsry en ek het ’n groot passie daarvoor.”

Hy is baie mededingend, maar nie noodwendig teenoor mense nie.

“Dít is veral waarom ek van hierdie soort goed hou, want jy kompeteer eintlik teen jouself. Jy probeer heeltyd beter as voorheen wees.”

Hy neem ook aan pad- en bergfietsry deel, maar geniet baanfietsry die meeste.

Dr. Hannes Fouché, sy pa en ’n Bloemfonteinse dokter, sê hy is baie tevrede met dié prestasie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.