Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA fotojoernalis steeds soek in Sirië
Shiraaz Mohamed, Suid-Afrikaanse fotojoeranlis wat in Januarie in Sirië ontvoer is, is steeds weg. Foto: FACEBOOK

Die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mohamed is nou al vir vyf maande vermis en daar is steeds geen teken van hom nadat hy in Januarie in Sirië ontvoer is nie.

Dit is die deurmekaarste saak, sê dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die hulporganisasie Gift of the Givers, die organisasie wat onder meer help met mediese geriewe in Sirië.

“Die ontvoerders het tot nou toe nie van hulself laat hoor nie. Niemand het met eise navore gekom nie. Daar is nog geen versoek van vrykoop gerig nie, ook nie ’n verruiling van gevangenes nie,” sê Sooliman.

Volgens hom het niemand ook al aangekondig dat Mohamed tereggestel is omdat hy ’n spioen is nie.

Sooliman sê daar was ook gerugte dat hy by ’n ander groep gaan aansluit het.

“Elke groep het dit ontken en gesê hy is nie by hulle nie.”

Hy sê dit wil voorkom of wie ook al hom ontvoer en in aanhouding geneem het, is bang om dit bekend te maak.

“Hulle is bang vir ander groepe wat sê dit is onaanvaarbare gedrag.”

Hulle sê dit voel of daar elke dag ’n begrafnis in hul huis is.

’n Groep mans het Mohamed naby Darkoesj, Sirië, ontvoer toe hy op 10 Januarie op pad was na Turkye. Hy was daar om die Siriese burgeroorlog af te neem.

’n Onbekende getal mans het hom en twee lede van Gift of the Givers op pad na die Al Hilal-hospitaal voorgekeer en vuurwapens op hulle gerig.

Hulle is geblinddoek en na ’n onbekende bestemming gebring. Die twee werknemers het die gewapende mans gesmeek om Mohamed nie te ontvoer nie omdat hy hulle gas is.

Die twee personeellede is later vrygelaat en meegedeel dit is ’n misverstand wat met Mohamed uitgeklaar sal word. Hulle het gesê Mohamed sal twee dae later vrygelaat word.

Hy is sedertdien egter nog nie weer gesien nie.

Volgens Sooliman is die familie in tussentyd steeds in pyn “terwyl hulle geduldig in angs wag”.

“Hulle sê dit voel of daar elke dag ’n begrafnis in hul huis is.”

Hy sê hul pogings om hom op te spoor gaan “onverbiddelik” voort.

“Ons kan sê dit is byna die einde van Ramadan en ons het gehoop om hom voor Ramadan huis toe te bring,” sê Sooliman.

Meer oor:  Sirië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.