Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA is 6de ‘sexyste’ land ter wêreld
Charlize TheronFoto: Pixabay

Suid-Afrika is in ’n peiling van Big 7 Travel, ’n internasionale mediamaatskappy, as die 6de sexyste land ter wêreld aangewys.

Volgens sy webtuiste is die peiling onder 1,5 miljoen sosialemediagebruikers gedoen. Die uitslag is onlangs bekend gemaak en Suid-Afrika het die sesde plek op die maatskappy se top-50-lys van sexyste nasionaliteite behaal.

Luidens die webtuiste is die respondente nie ’n verduideliking gegee oor wat “sexy” beteken nie, en die woord was oop vir interpretasie.

Volgens die webtuiste is “sexy” se betekenis volgens die Merriam-Webster-woordeboek “in die algemeen aantreklik” of “interessant”. Volgens Pharos se aanlyn woordeboek beteken dit op eie bodem “sensueel”, “eroties”, “verleidelik”, “wulps”, “begeerlik”, “wellustig”, “sin(ne)lik” of “prikkelend”.

Die peiling verwys voorts na bekende Suid-Afrikaners soos die aktrise Charlize Theron, Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, en die komediant Trevor Noah.

In ’n peiling deur dieselfde maatskappy vroeër vanjaar is bevind dat “Suid-Afrikaans” die tweede sexyste aksent ter wêreld is.

Die sexyste land volgens die peiling is die Oekraïne. Ierland, met bekendes soos die sanger Bono, het die laaste plek (50ste) in die peiling behaal.

Die top-tien-lande is:

1. Oekraïne

2. Denemarke

3. Filippyne

4. Brasilië

5. Australië

6. Suid-Afrika

7. Italië

8. Armenië

9. Engeland

10. Kanada

Besigtig die lys hier en dié oor die aksente hier.

Meer oor:  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.