Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA klimmer herstel goed ná redding van Everest
Dit gaan goed met Saray Khumalo, al moes sy per helikopter van Everest gered word. Foto: Facebook

Saray Khumalo (45), die Johannesburger wat Donderdag per helikopter van die berg Everest gered is, herstel goed van haar beserings.

Khumalo was op pad na die piek in ’n poging om die eerste swart vrou uit Afrika te wees wat dit regkry, toe sy in die gure weersomstandighede beseer is.

Haar gees is egter sterk en sy gesels waar sy in ’n hospitaal in Katmandoe in Nepal behandel word, sê Sarieta Schultz, Khumalo se woordvoerder in Suid-Afrika.

“Dis nog nie seker presies hoe sy beseer is nie. Die vriesbrand aan haar hande is al baie beter en die lewe begin terugkom. Saray se voete is gesond. Sy word egter nog behandel vir ’n besering aan haar gesig.

Sy aanvaar wat gebeur het as God se wil en sy gaan voort om met haar bergklimtogte geld in te samel vir biblioteke vir minder bevoorregte kinders
Sarieta Schultz, Khumalo se woordvoerder

“Sy aanvaar wat gebeur het as God se wil en sy gaan voort om met haar bergklimtogte geld in te samel vir biblioteke vir minder bevoorregte kinders.”

Khumalo, ’n bestuurder by MMI-holdings, klim onder die vaandel van die Mandela Library Projects.

Wilmien van der Merwe (35) het Everest se piek vroeg Donderdagoggend bereik. Sy is die vierde Suid-Afrikaanse vrou wat die prestasie behaal.

Haar ma, Hettie, het Vrydagoggend gesê hulle het nog nie weer van hul dogter gehoor nie.

“Die gevaarlikste deel lê nou voor wanneer sy op pad terug na die basiskamp oor ’n ysval moet loop.” Lere word plek-plek gebruik om oor skeure in dié deel te klim.

Wilmien van der Merwe in 2015 naby Everest toe sy haar eerste poging aangewend het om die piek te bereik. Sy moes onverrigtersake na Suid-Afrika terugkeer nadat ’n aardbewing Nepal getref het. Van der Merwe het toe ten bate van kinders geklim.

Van der Merwe sal na verwagting Vrydag laat of dalk Saterdag terug wees by die basiskamp. Sy sal eers van daar af weer kontak met die buitewêreld kan maak en foto’s van haarself op die piek kan stuur.

Van der Merwe is nou een van 35 Suid-Afrikaners wat die landsvlag op Everest kon plant.

Sy het haar pa, Manie, Donderdag van ’n satellietfoon na Zeerust gebel en gesê: “Pa, ek het gepiek.” Sy het gesê hulle is deur hel by van die laaste kampe naby die piek waar sterk wind hul tent platgewaai het. Temperature kan tot -30°C daal en die wind kan tot 340 km/h waai. Toe hulle die piek bereik, was dit egter windstil en het die son net begin opkom.

Meer oor:  Van  |  Herstel  |   |  Sa  |  Redding  |  Goed  |  Everest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.