Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA kort meer mense soos Piet!

’n Vrystaatse verkeersbeampte is ’n held op sosiale media nadat hy eiehandig slaggate in ’n pad probeer regmaak het.

Piet Motlohi het man-alleen in Thaba Nchu slaggate reggemaak – en is ’n held op Facebook. Foto: Facebook

Dit het ’n paar dae gevat voordat die vernuftige beampte van die Mangaung-metro geïdentifiseer is as Piet Motlohi, wat in Thaba Nchu vir die metro werk.

Motlohi se foto’s is verlede week op Facebook gelaai nadat dit baie hard gereën het. Hy was in sy uniform besig om met ’n graaf sand in ’n groot slaggat in ’n pad naby Thaba Nchu te gooi.

Saso Mahloane het hom afgeneem en die foto’s op die openbare Facebook-groep #ImStaying gesit.

Hy het Motlohi geprys, maar nie sy naam bekend gemaak nie.

Kan hierdie man dalk eerder ’n bestuurder word?

“Kan hierdie man dalk eerder ’n bestuurder word?” het ’n vrou op die Facebook-blad geskryf.

Daarna skryf ’n man: “Give that man a Bell’s.”

Teen die naweek het meer as 13 500 mense al op die plasing gereageer.

Vrydagmiddag kon Qondile Khedama, kommunikasiebestuurder vir die Mangaung-metroraad, uiteindelik die flukse metropolisiebeampte identifiseer. Motlohi woon in Botshabelo, sowat 60 km buite Bloemfontein.

Khedama sê Motlohi is nie dié week beskikbaar vir kommentaar nie, want hy is nou op verlof.

“Dit was regtig ’n fantastiese ding wat Piet gedoen het,” sê Khedama.

“Mense het nou sommer meer respek vir die metro, danksy een man wat iets goeds gedoen het.”

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Slaggate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.