Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA man en sy swanger meisie toegesluit oor seks
Emlyn Culverwell en sy verloofde Iryna Nohaien.

’n Suid-Afrikaner en sy verloofde is in Abu Dhabi toegesluit omdat hulle ’n kind verwag.

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê daar is niks wat hulle vir Emlyn Culverwell (29), en sy verloofde, Iryna Nohai (27), oorspronklik van die Oekraïne, kan doen nie.

Die paartjie is op 29 Januarie in Abu Dhabi gearresteer op aanklag dat hulle seks voor die huwelik gehad het – ’n misdaad in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

Linda Culverwell van Port Alfred sê haar seun en Iryna het op 27 Januarie verloof geraak. Daardie Sondag het Emlyn, 'n werknemer van Yas Waterworld, sy verloofde na die Medeor- mediese sentrum gebring omdat sy maagkrampe ondervind het. ’n Dokter het bevind sy is swanger en die owerhede in kennis gestel, waarna die twee in hegtenis geneem is.

Linda sê Emlyn se pa, Karl, kon tot dusver geen antwoorde uit die owerhede in Abu Dhabi, hul ambassade hier of die Suid-Afrikaanse konsulaat in die VAE kry nie.

“Elke keer as ons inligting probeer kry, voel dit asof ek in ’n baksteenmuur vashardloop,” sê Linda. “Ons weet nie eens of die staat in Abu Dhabi vir hulle enige regsverteenwoordiging verskaf het nie.”

Die Oekraïnse ambassade is volgens Linda nou by die twee se saak betrokke en probeer toestemming kry dat die paartjie trou of gedeporteer word.

Emlyn se werkgewer het aan sy familie gesê amptelike klagte is nog nie aanhangig gemaak nie, want Iryna ondergaan nou blykbaar “verdere toetse” om te bepaal hoe lank sy seksueel aktief is. “Hoe op aarde gaan hulle dit kwansuis bepaal?”

Linda sê sy is veral bekommerd omdat Iryna nog in ’n vroeë stadium van haar swangerskap is – die maagkrampe kan dalk op ’n miskraam dui.

“Ek kan myself net die hel indink waardeur sy gaan. Dit moet voel asof sy deur die owerhede verkrag word.”

Linda sê haar seun is ’n fiksheidsfanatikus wat nie eens rook of drink nie.

Die enigste ding wat hulle verkeerd gedoen het, is om op mekaar verlief te raak. Die hele ding gaan my verstand te bowe, dit maak bloot geen sin nie.

“Die enigste ding wat hulle verkeerd gedoen het, is om op mekaar verlief te raak. Die hele ding gaan my verstand te bowe, dit maak bloot geen sin nie.

“Ons probeer boodskappe by die twee jongmense uitkry om vir hulle te sê dat ons vir hulle lief is en dat hulle hulle nie moet bekommer nie . . . die ding wat my die meeste kwel, is dat ons eintlik geen idee het hoe dit met hulle gaan nie. Al wat die departement van internasionale betrekkinge vir ons kan sê, is om ‘geduldig te wees’, maar daar is drie lewens hier in gedrang.”

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, sê die paartjie word ingevolge die VAE se wette vervolg en daar is niks wat die Suid-Afrikaanse regering daaromtrent kan doen nie.

“Die Suid-Afrikaanse regering is bewus van die stand van sake, maar ongelukkig nie in enige posisie om aan hulle regshulp ter verleen nie. As departement kan ons bloot die situasie monitor en probeer verseker dat hulle regverdige behandeling ontvang.”

Buitelanders word gereeld weens oortredings van die VAE se sedewette vervolg, sê Kgwete.

Meer oor:  Emlyn Culverwell  |  Abu Dhabi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.