Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA moet plan maak vir byna miljoen babas

Die ooievaar het in 2017 digby ’n miljoen keer in Suid-Afrikaanse huishoudings geland, wys die jongste statistiek.

Dié 989 318 bondeltjies vreugde is 2,1% meer as in die ooreenstemmende tydperk in 2016 (969 415) en volgens kenners beteken dit harde werk vir toekomsbeplanning.

Statistieke Suid-Afrika het Maandag in Pretoria ’n verslag oor 2017 se geboortes bekend gemaak.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, sê benewens die getal geboortes, moet die aantal immigrante ook ingereken word om die bevolkingsgroei te bepaal.

Die ekonomie groei nie naastenby genoeg om uiteindelik vir hulle werk te gee nie. As die ekonomie teen die huidige pas groei, sal die werkloosheidsvlakke in Suid-Afrika oor sowat 20 jaar dramaties hoër wees as wat dit nou is en die armoedevlakke sal nóg hoër wees.

Hy meen baie van die geboortes is moontlik kinders van buitelanders, veral uit die res van Afrika. Dié kinders word dan Suid-Afrikaners en kry Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente.

Hy dink nie die regering besef hoeveel beplanning hierdie bevolkingsgroei verg nie. “Of miskien besef hy dit, maar het net eenvoudig nie die politieke mag om dit te doen nie.”

Roodt dink nie die geboortesyfer het op kort termyn ’n uitwerking op Suid-Afrikaanse skole nie. Die werklike probleem met Suid-Afrikaanse skole het te doen met die bestuur daarvan.

“Deur bestuur te verbeter, kan jy heelwat meer kinders in die skole akkommodeer. In Suid-Afrika bestee ons meer geld as die meeste ander lande ter wêreld aan onderwys, maar die kwaliteit van ons onderwys is baie swak.”

Hy sê daar sal in die toekoms nie genoeg werkgeleenthede vir die 2017-babas wees nie.

“Die ekonomie groei nie naastenby genoeg om uiteindelik vir hulle werk te gee nie. As die ekonomie teen die huidige pas groei, sal die werkloosheidsvlakke in Suid-Afrika oor sowat 20 jaar dramaties hoër wees as wat dit nou is en die armoedevlakke sal nóg hoër wees,” sê Roodt.

“Ek is bevrees met die huidige regering en die makro-ekonomiese beleidsbenadering wat ons vandag volg, is dit onwaarskynlik dat die ekonomie vinnig gaan herstel. Soos dinge vandag staan, is hierdie kinders wat verlede jaar gebore is, op pad na ’n lewe van armoede.”

Al groei die ekonomie, gaan hulle in elk geval nie werk kry nie, want die kwaliteit van die onderwys wat hulle ontvang, is van die swakste in die wêreld, meen hy.

“Oor 20 jaar is die wêreld ’n baie moderner en meer tegnologies gedrewe plek, en in só ’n omgewing moet jy baie spesifieke en spesiale vaardighede hê om jouself te laat geld.”

Meer oor die 2017-geboortestatistiek

Van die 989 318 geboortes wat in 2017 geregistreer is, is 897 750 babas daardie jaar gebore en 91 568 babas is in 2016 of vroeër jare gebore.

Die meeste van die 2017-babas, 460 774, is seuns, terwyl 452 725 meisies is.

Statistieke toon dat 102 seuns vir elke 100 meisies gebore word.

62% van die geregistreerde geboortes het nie besonderhede van die pa nie.

Die meeste babas, 239 457, is in Gauteng geregistreer, gevolg deur KwaZulu-Natal met 197 913 geboortes.

Die minste geboortes, 24 395, is in die Noord-Kaap geregistreer, gevolg deur 50 130 in die Vrystaat.

Tieners tussen die ouderdomme 10 en 14 het ma van 1 302 kinders geword. Die meeste van dié babas se pa’s is tussen 17 en 25 jaar oud.


Meer oor:  Dawie Roodt  |  Babas  |  Statistieke  |  Ooievaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.