Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA-ner wat in Hawaii geskiet is, se oorskot Saterdag hier

Lindani Myeni (29) se familie was vroeg Saterdagoggend reeds op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg waar sy oorskot na verwagting teen 10:30 uit die VSA sal aankom.

Hy is sowat twee weke gelede doodgeskiet toe die Honolulu-polisie in Hawaii na 'n rooftog ontbied is.

Lindani Myeni en sy vrou, Lindsay.

Lindelani Mmambo, wat in die premierskantoor in KwaZulu-Natal werk, het Saterdagoggend gesê die regering ondersteun die familie en dat hy saam met hulle by die lughawe is.

“Ons beplan ’n kort diens vir Lindani by die lughawe kort nadat sy lyk aangekom het. Sy oorskot sal 13:00 met ’n vlug na KwaZulu-Natal vertrek, waarna dit na Myeni se tuisdorp naby Richardsbaai geneem sal word.”

Myeni sal begrafnis sal na verwagting teen einde volgende daar gehou word.

Lindsay Myeni, Lindani se vrou, het die afgelope week aan joernaliste by die Uniegebou in Pretoria gesê hulle het nog baie vrae, berig Brümilda Swartbooi. Die egpaar het twee jong kinders, Nsizwakayise (1) en Nandi (vyf maande).

Myeni het in Januarie vanjaar na Hawaii verhuis. Lindsay is ’n Amerikaanse burger. Myeni is geskiet nadat die polisie na ’n huisrooftog ontbied is. Hulle het glo gedink hy is ’n inbreker en hulself na bewering nie geïdentifiseer toe hulle Myeni in hegtenis wou neem nie. ’n Geveg het toe uitgebreek. Myeni is met ’n skokstok geskok voordat hulle hom geskiet het.

Die polisie-owerheid in Honolulu het die drie polisielede wat by Myeni se dood betrokke was, verdedig en gesê dat hulle vir hul lewe baklei het.

Myeni se weduwee sê dis onsin dat hy ingebreek het. Lindsay sê die familie dagvaar tans die stad Honolulu. Die polisielede het glo nie hulself geïdentifiseer nie en ligte is in Lindani se gesig geskyn.

Meer oor:  Lindani Myeni  |  Hawaii  |  Oorskot  |  Geskiet  |  Diens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.