Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA onderwyser verdwyn in Viëtnam

Die familie van ’n Suid-Afrikaanse onderwyser is rasend van bekommernis nadat hy spoorloos in Viëtnam verdwyn het.

Mushfiq Daniels (28) van Surrey Estate in Kaapstad bly al sedert Maart 2018 in Viëtnam waar hy as ’n onderwyser Engels-klasse aanbied.

Mushfiq Daniels (28) van Surrey Estate in Kaapstad wat in Viëtnam vermis word. Foto: Verskaf

Volgens vriende het Daniels glo op 5 Julie in Phu Nuan, in Ho Chi Minh-stad, vermis geraak.

Sy familie, wat sedertdien in Viëtnam aangekom het, sê hulle het elke polisiekantoor, distrikskantoor, hospitaal, moskee en restaurant besoek in die hoop dat hulle hom sou opspoor.

Daniels se ma, Faheema Abrahams, sy twee broers, Raeeq en Nur, en sy neef, Imaad Isaacs, het op 10 Julie in die land aangekom om na hom te soek.

Volgens Isaacs het hulle laas op 3 Julie van Daniels gehoor en pogings om hom op te spoor het nog niks opgelewer nie.

“ ’n Vriend van Daniels het gesê dat hy nie goed gelyk het nie. Die toestand waarin hy was, het dit laat lyk asof hy ’n ineenstorting gehad het. Dit het daartoe gelei dat hy gedisoriënteerd voorgekom het en ook baie ontsteld gelyk het,” het Isaacs gesê.

Volgens hom is Daniels deur ’n Suid-Afrikaanse vriendin op 5 Julie in dié toestand gesien.

“Sy het hom op pad werk toe uit haar Uber-motor gesien. Sy het die motor gestop en ’n foto van hom geneem toe sy by hom stop,” het Isaacs gesê.

Volgens dié vriendin was Daniels nie homself nie en het hy net geglimlag en aangeloop.

“Hy het ’n kortbroekie aangehad en het twee sakke by hom gehad. Daarna is hy nie weer gesien nie.”

Hy sê Daniels se vriende kon hom nie kontak nie.

Sy ma, Faheema, is op 7 Julie in kennis gestel dat hy vermis word en die familie kon eers twee dae later ’n vlug Viëtnam toe kry.

Volgens Isaacs was daar Vrydag mense by al 12 moskees in die stad gestasioneer in die hoop dat hy sou opdaag. Dit was tevergeefs.

Isaacs sê iemand het hom glo op 12 Julie gewaar, maar dit kon nie bevestig word nie.

“Die stad het nie veel kringtelevisie wat kan help nie,” het hy gesê.

Isaacs sê die Suid-Afrikaanse ambassade het kontak met die familie gemaak.

“Ons hoop die ambassade gaan druk op die regering plaas. Daar is gesê dat die polisie baie goed is, maar ongelukkig maak hulle nie regtig ’n dossier vir ’n vermiste persoon oop nie. Dit moet glo van die ambassade af kom,” sê hy.

’n Facebook-blad, “Find Musshfiq – Ho Chi Minh City (HCMC)”, is gestig vir vriende en familie van Mushfiq om inligting met mekaar te deel.

* Intussen word John Bothma (22) van Gauteng al vir twee maande vermis. Soos voorheen berig het Bothma ook in dié land skoolgehou. Hy is sedert November verlede jaar ’n Engels-onderwyser in Binh Xuyen.

Hy het in Mei verdwyn.

Meer oor:  Mushfiq Daniels  |  Viëtnam  |  Onderwyser  |  Soektog  |  Verdwyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.