Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA ontwerpers gaande oor Eugenie se rok

Hy is bly prinses Eugenie het weggedoen met ’n sluier, sê die modeontwerper Simon Rademan.

Die prinses en Jack Brooksbank is Vrydag in die St. George-kapel in Windsor getroud. Haar rok is ’n skepping van Peter Pilotto en Christopher de Vos.

Rademan het by navraag gesê hy hou van ’n sluier.

Prinses Eugenie in haar trourok. Foto: Getty Images/Gallo

“Maar ek is gaande daaroor dat sy in ’n moderne twist die sluier weggegooi het.”

Hy is ook vol lof vir die rok se lae rug. Eugenie het spesiaal versoek dat die rok die letsel moet wys van die operasie wat sy op 12-jarige ouderdom gehad het weens skoliose.

“Dit is ’n beautiful rok. Ek wens net ek kon meer van die detail sien.”

Hy hou van die neklyn en die lengte.

“Ek dink dis wonderlik dat sy haar letsel aan die wêreld wys.”

Met haar tiara – aan haar geleen deur koningin Elizabeth – en haar blomme – kon hy ook nie fout vind nie.

“Die blomme is dieselfde kleur as die rok – ’n naaswit ivoor,” sê hy.

Volgens hom kan die rok nie vergelyk word met Meghan Markle se trourok toe sy en prins Harry in Mei vanjaar getrou het nie.

“Die twee is onvergelykbaar. Met Meghan was dit ’n politieke stelling.”

Hy meen die rok pas by ’n werklike prinses soos Eugenie.

“Met ’n loopbaan van 30 jaar agter my, kan ek nie een ding sien wat verkeerd was nie. Ek kan net my hande saamslaan en sê well done. Ek wens haar net die beste toe.”

Die modeontwerper Gert-Johan Coetzee sê daar word algemeen gevoel Markle se rok het nie mooi gepas nie. Maar prinses Eugenie se rok dra sy goedkeuring weg. “Die rok is vir my stunning, dit is ’n regte prinsesrok. Behalwe die mou – soos Meghan s’n – het nie goed gepas nie. Ek verkies ’n nouer, meer elegante mou.

“Ek is mal oor die tiara met die groen steen wat Eugenie gedra het – ek dink dit is stunning.”

Meer oor:  Prinses Eugenie  |  Gert-Johan Coetzee  |  Trourok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.