Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pampoen-bielie 'n SA rekord

In sy agterkop het hy geweet sy pampoen kan dalk die wenner en ’n Suid-Afrikaanse rekordhouer wees.

So sê Willem le Grange (33), ’n plaasbestuurder van Ruiterbos buite Mosselbaai, oor sy reusepampoen van 867,5 kg wat Saterdag as die wenner op die Giant Pumpkin-fees in Heidelberg (Wes-Kaap) aangewys is.

Willem le Grange sit vroeër op sy reusepampoen.

Dit is ook ’n Suid-Afrikaanse rekord. Die vorige rekord is ’n pampoen van 860 kg wat deur Piet Lotz, ’n boer van Riversdal, gekweek is.

Le Grange sê sy pampoen het 170 dae geneem om te groei en volgens hom kan pampoene tot 25 kg in een dag groei.

Sy pa, Casper le Grange, ’n afgetrede boer van Lydenburg wat nou op Danabaai in Mosselbaai woon, beklee die tweede plek met ’n pampoen van 665 kg. Pieter Conradie is derde met ’n pampoen van 567 kg.

Willem le Grange by sy wen-pampoen.

Le Grange sê sy pampoen moes met spesiale masjinerie op die plaas opgetel word en is toe saam met vier ander pampoene Heidelberg toe gebring.

“Dit was nogal ’n ding op die pad. Baie mense het stadig gery, of waar dit ’n dubbelpad was langs ons gery om die pampoene te bekyk.”

Slegs twee van die pampoene (sy en sy pa s’n) is vir die kompetisie ingeskryf. Die ander pampoene is by die Laerskool Hartenbos, waar dit vir ’n geldinsamelingsprojek gebruik word. Die wenpampoene het in Heidelberg agtergebly, waar daar onder meer pitte van geoes word.

Le Grange weet nie of hy hom weer volgende jaar vir die kompetisie gaan inskryf nie, weens werkverpligtinge op die plaas. “My werk kom eerste,” sê hy, “ons sal dus moet sien.”

Volgens die Guinness-wêreldrekords is die rekord vir die grootste pampoen op 9 Oktober 2016 deur Mathias Willemijns van België op die Great Pumpkin-Statebondfees in Ludwigsburg, Duitsland, opgestel. Die pampoen het die skaal op 1 190,49 kg laat kreun.

Die pampoen word opgetel om na Heidelberg vervoer te word.


Meer oor:  Willem Le Grange  |  Heidelberg  |  Plaasbestuurder  |  Rekord  |  Pampoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.