Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA se topskuts ding dié naweek in VS mee

Altesaam 150 top skuts van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) sê mekaar die naweek die stryd aan tydens die jaarlikse presidentskiet-kompetisie buite Bloemfontein.

Jors van der Linde (links) en Johan Huyser voor die presidentskiet-kompetisie buite Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Verskeie skuts het reeds Vrydag aangelê om te oefen en aan die toestande op die Meerkatgat-skietbaan by Soutpan gewoond te raak.

Die kompetisie word aangebied deur die Bloemfonteintak van SA Jagters.

Die toptien-vroue, tien juniors (18 jaar en jonger) en seniors (65 jaar en ouer) sal deelneem saam met die ander skuts wat in die streekkompetisies gekwalifiseer het.

Die skote sal klap in onder meer die ope, vroue-, senior en junior klas. In die bosveld- en vlakte-skietoefeninge van die vereniging sal die skuts jaggewere gebruik. Hulle sal 12 skote met elke skietoefening afvuur waar dit vir die kompetisiedoeleindes van toepassing is.

Die afstande is van 50 m tot 300 m.

Johan Huyser (57), ’n makelaar van Gauteng wat vir die Springbok-tak skiet, sê hy het baie geoefen, maar is onseker oor die wind. Ek neem al van 2012 af deel en hou van die uitdaging wat elke dag bring. Die toestande verskil elke keer.”

Jors van der Linde (49), ook van Gauteng, sê hy is senuweeagtig, maar positief. Hy neem al sedert 2009 aan kompetisies deel.

Jors van der Linde en Johan Huyser, albei van Gauteng, Vrydag op die Meerkatgat-skietbaan. Foto: Mlungisi Louw

Sy seun, Gunter (15), beoefen ook die skietsport.

Volgens Pieter du Preez, voorsitter van die Bloemfontein-tak, is dit die eerste keer dat die tak die prestige-kompetisie aanbied.

“Ons is voorwaar trots op die Bloemfonteinse skuts en klublede wat deel is van die geleentheid. Daar sal 30 baanbeamptes en administratiewe personeel diens doen tydens die dag se verrigtinge,” sê hy.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bloemfontein  |  Kompetisie  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.