Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA se woord van die jaar is...

Suid-Afrikaners het ’n nuwe gonswoord wat hulle weens die wêreldwye pandemie nou gereeld gebruik: inperking.

Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) sê Vrydag in ’n verklaring “lockdown” is Suid-Afrika se woord van die jaar vir 2020 nadat “Zondo-kommissie” verlede jaar die woord was.

Pansat kies elke jaar ’n woord van die jaar wat die filosofie en luim van die betrokke jaar vasvang.

In 2018 was dit “grondonteiening sonder vergoeding”.

Ons almal kan getuig van die chaos wat deur Covid-19 veroorsaak is. Dit is al waaroor ons gepraat het terwyl ons daardeur navigeer.

Pansat en die media-navorsingsmaatskappy Focal Points het die woord gekies uit sleutelwoorde wat die meeste tussen Oktober 2019 en September 2020 in die gedrukte en aanlyn media gebruik is.

“Inperking” is in meer as ses maande net-net minder as ’n halfmiljoen keer in nuusberigte en -artikels, asook aanlyn op sosiale media en in gesprekke genoem. Pansat sê dit is 486 224 keer gebruik.

“Ons almal kan getuig van die chaos wat deur Covid-19 veroorsaak is. Dit is al waaroor ons gepraat het terwyl ons daardeur navigeer. Om die SA Woord van die Jaar te kies moes ons die proses ’n stap verder neem om die kriteria te verbreed en ook die kulturele belang en invloed wat die woord onder Suid-Afrikaners gehad het, in ag te neem,” het Willie Manana, waarnemende uitvoerende hoof van Pansat, gesê.

“Die inperking het verskillende dele van ons lewens beïnvloed en dit doen steeds. Dit beïnvloed hoe ons sake doen, asook ons sosiale interaksies en kulturele praktyke.”

Die koronavirus het verlede jaar in die stad Wuhan in China uitgebreek en wêreldwyd versprei.

Die Johns Hopkins-Universiteit, wat Covid-19-gevalle en -sterftes monitor, sê byna 39 miljoen mense het die virus opgedoen, terwyl meer as ’n miljoen mense aan die virus dood is.

Meer oor:  Pansat  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.