Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA se woord vir die jaar is . . .

Suid-Afrikaners word elke dag gebombardeer met brandende kwessies in die media.

Elke jaar kies die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) die woord van die jaar wat die filosofie en luim van die betrokke jaar vasvang.

In 2018 was dit “grondonteiening sonder vergoeding”.

Pansat het Woensdag in ’n verklaring aangekondig Suid-Afrika se woord van die jaar vir 2019 is “Zondo-kommissie”.

Pansat het saam met die medianavorsingsmaatskappy Focal Points gewerk om die woord te kies deur sleutelwoorde wat die meeste in die gedrukte en aanlyn media tussen Oktober 2018 en September 2019 gebruik is te monitor.

Die woord Zondo-kommissie het stof in die ander kandidate se oë geskop en loshande met minstens 30 775 nuusberigte- en artikels gewen.

Die woord “gendergeweld” is die tweede meeste gebruik (minstens 18 973 keer). Die woord “amapiano”, ’n nuwe en vars musiekgenre is minstens 2 687 keer in die media gebruik.

Die aankondiging val saam met nasionale woordeboekdag wat jaarliks gevier word op die Amerikaner Noah Webster se verjaarsdag. Webster, wat in 1758 gebore is, het die eerste woordeboek in 1806 gepubliseer.

Meer oor:  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.