Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA steun oorweldig Anderson

Kevin Anderson is oorweldig met die ondersteuning wat hy van Suid-Afrikaners kry nadat hy Roger Federer Woensdag in ’n monumentale stryd op Wimbledon geklop en deurgedring het tot die halfeindstryd van die toernooi.

Bruce Davidson, woordvoerder van Tennis Suid-Afrika, sê hy het Donderdag ’n paar boodskappe van Anderson ontvang waarin hy dankie sê vir al die ondersteuning.

Kevin Anderson ná sy oorwinning oor Roger Federer Woensdagmiddag op Wimbledon. Foto: Facebook

“Dit was ’n taai stryd gewees en hy is baie dankbaar vir die ondersteuning. Hy was veral in sy noppies dat die president hom, Raven Klaasen en die rolstoelspeler Kgothatso Montjane op Twitter gelukgewens het. Dit is die eerste keer dat ’n president dit doen en dit is fantasties. Hy is heeltemal oorweldig.”

Volgens Davidson het Anderson Donderdag gerus om te herstel voor die halfeindstryd teen die Amerikaner John Isner.

“Hy het gesê hy het Woensdag ’n lang dag gehad met al die verpligtinge ná die wedstryd, maar hy het goed geslaap. Hy was Donderdag ontspanne. Hy was ’n bietjie op die baan, maar het grotendeels tyd saam met sy familie deurgebring en met sy hond gaan stap.”

Anderson het Donderdag ’n foto van sy oefening, asook ’n foto van Wimbledon se laaste-agt-borspeld op sy Twitter-profiel gelaai.

“Dit is elke speler se droom om deel te word van die laaste-agt-klub. Dit is ’n eer om deel te wees van hierdie spesiale groep,” het hy getwiet.

Davidson sê Anderson se wedstryd teen Isner sal dalk net so taai soos die stryd teen Federer wees, indien nie taaier nie.

“Isner het hul laaste vyf wedstryde gewen, so hy het dalk ’n sielkundige voordeel. Aan die ander kant het Kevin moontlik die beste grasbaanspeler uitgeskakel en Isner het nog nooit in ’n Grand Slam-eindstryd gespeel nie, maar Kevin het.

Suid-Afrikaners op sosiale media het hul ondersteuning vir Anderson gewys. Foto: Facebook

“Omdat albei spelers so goed kan afslaan, sal die speler wat afslane die beste kan beheer en terugslaan dalk die voordeel hê in dié wedstryd,” sê Davidson.

Hy dink omdat Suid-Afrikaners so bankvas agter Anderson gestaan het in Donderdag se wedstryd, sal hy Vrydag die knoop kan deurhak.

“Hy het selfvertroue, veral in die wete dat Suid-Afrikaners hom ondersteun.”

https://twitter.com/KAndersonATP/status/1017405371114123264

https://twitter.com/KAndersonATP/status/1017359336941776898

https://twitter.com/CyrilRamaphosa/status/1017285764797825024

Meer oor:  Wimbledon 2018  |  Roger Federer  |  Kevin Anderson  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Ondersteuning  |  Sport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.