Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA student op kortlys vir internasionale fotografieprys

’n Student van Kaapstad is op die kortlys van die Wêreldfotografie-vereniging se studentekompetisie, wat Dinsdag bekend gestel is.

Amy Davis van CityVarsity is onder tien studente van oor die wêreld heen wat die kans staan om as die studente-fotograaf van die jaar aangewys te word.

Een van die foto’s waarvoor Amy Davis van Kaapstad op die kortlys vir die Wêreldfotografie-vereniging se studentekompetisie verskyn het. Foto: Amy Davis/ 2020 Sony World Photography Awards

Die wenner sal €30 000 se fotografietoerusting van Sony vir hul onderwysinstelling ontvang.

Daarby word die studente op die kortlys se werk by Sony se Wêreldfotografie-pryse aanstaande maand in Somerset House, Londen, uitgestal.

Deelnemers aan die kompetisie moes van Junie tot Desember 2019 tot drie foto’s elke maand rondom ’n bepaalde tema indien.

Davis het ’n reeks foto’s getiteld Barriers Between Worlds ingeskryf, waarmee sy probeer het om die “onsigbare lyne” tussen armoede en rykdom in Kaapstad vas te vang.

‘The Story of Bob’ deur die fotograaf Amy Davis van Kaapstad. Foto: Amy Davis/ 2020 Sony World Photography Awards

Die foto’s is geneem uit die oogpunt van ’n passasier in ’n voertuig wat deur die venster kyk.

“Die venster dien as ’n skeiding tussen diegene wat blootgestel word en dié wat beskerm word. As jy van nader kyk, begin die onsigbare lyne sigbaar te word,” lui die inskrywing by haar fotoreeks.

Ander finaliste op die kortlys is van Bangladesj, Frankryk, Peru, China, Italië, Griekeland, Mexiko, Brittanje en Nieu-Seeland.

Meer oor:  Kompetisie  |  Student  |  Fotografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.