Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA toeskouer getref in Dakar; drywer wat wegja geskors

Die Russiese vragmotorbestuurder Andrei Karginof is Saterdag uit die Dakar-tydren geskors nadat hy ’n 60-jarige Suid-Afrikaanse toeskouer raakgery en weggejaag het.

Die Russiese vragmotorbestuurder Andrei Karginof ry in die rigting van vyf toeskouers, wat die hasepad probeer kies.

In video’s kan gesien word hoe Karginof se vragmotor ’n ander roete as die lorries voor hom volg en dan amper in ’n groep van vyf toeskouers vasry.

Karginof het een toeskouer – die Suid-Afrikaner wat ’n amateurfotograaf is– getref. Hy het bo-oor sy linkerbeen gery en sy femur gebreek.

In ’n verklaring het die ASO, die organiseerders van dié gewilde wedren, gesê die toeskouer is na ’n hospitaal in die stad Arequipa in Peru geneem.

Karginof is teen die einde van die dag, die vyfde skof van vanjaar se Dakar, geskors omdat hy nie stilgehou het om die beseerde toeskouer te help nie.

Een toeskouer, ’n 60-jarige Suid-Afrikaner, het geval en Karginof is met sy linker-agterwiel bo-oor die man se linkerbeen. Foto: Facebook

“Die deelnemer is deur die jurie van kommissarisse uit die wedren geskors omdat hy nie stilgehou het om hulp aan te bied vir die beseerde toeskouer nie,” lui die verklaring.

Karginof is ’n voormalige wenner van die vragmotor-afdeling van die Dakar, en was in die derde plek voor gister se skof. Hy het vanjaar reeds twee Dakar-skofte gewen.

Wladimir Tsjagin, spanleier van Karginof se Kamaz-span, sê die besluit om Karginof te skors was “baie wreed”.

Tsjagin het aan motorsport.com gesê Karginof was nie eens bewus daarvan dat hy ’n toeskouer getref het nie totdat hy met die skof klaargemaak het.

“Daar’s baie toeskouers op die roetes en in die moeilike dele is daar veral baie van hulle wat baie uitgesprei staan in verskeie groepe,” het Tsjagin sy drywer verdedig.

Tsjagin beweer die Suid-Afrikaanse toeskouer het homself in sand gepootjie, en dit is toe dat Karginof bo-oor sy been ry.

“Andrei het dit natuurlik nie gesien nie, dit was teen ’n helling en jy kan sien dat al wat hy deur sy ruit kon sien seker die blou lug was. Ons is verras deur die besluit, maar kan nie beswaar maak daarteen nie, ons kan dit eers ná die resies doen, en moet dit nou eers aanvaar.”

Die beseerde man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Dakar  |  Tref-En-Trap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.