SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Saak van strafbare manslag ondersoek ná gru-ongeluk

’n Motorongeluk tussen ’n bus en ’n bakkie in Limpopo het Saterdagoggend twee lewens geëis, terwyl 78 buspassasiers beseer is.

Polisiewoordvoerder Moatshe Ngoepe sê die polisie in Gravelotte, sowat 60 km van Phalaborwa, ondersoek die oorsaak van die noodlottige ongeluk wat om 05:00 langs die R71-pad tussen Tzaneen en Phalaborwa plaasgevind het.

Die Toyota Fortuner wat ’n ent van die bus gevind is. Foto: ER24

“Daar word beweer die bus wat in die rigting van Phalaborwa onderweg was, het 78 studente van ’n kollege in Lephalale vervoer. Die bus het met ’n dubbelkajuitbakkie met twee insittendes gebots. Die bakkie was in die rigting van Tzaneen onderweg,” sê Ngoepe.

“Die twee insittendes van die dubbelkajuitbakkie is op slag dood en al 78 passasiers van die bus is na onderskeidelik die Letaba en Maphutha-hospitale geneem.”

Die oorledenes is as M.F. Burger (36), en Jan Hendrick Louis (66) geïdentifiseer. Albei is van Phalaborwa, sê Ngoepe.

Die polisie het ’n saak van strafbare manslag geopen en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het padgebruikers aangemoedig om hierdie langnaweek uiters versigtig te bestuur om ongelukke te vermy.

LEES MEER: 2 dood, 80 buspassasiers beseer in Limpopo-ongeluk

Ayanda Allie Paine, woordvoerder vir die departement van vervoer, sê die oorsaak van dié ongeluk moet nog vasgestel word.

Die bus waaronder die bakkie vasgepen was. Foto: ER24
Meer oor:  Limpopo  |  Tzaneen  |  Phalaborwa  |  Gru-Ongeluk  |  Strafbare Manslag  |  Sterfgevalle  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.