Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Saftu-betogings stuur duidelike boodskap’ – Vavi

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde (Saftu)-betogings in die land se groot stede het Woensdag ’n duidelike boodskap gestuur.

So het Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Saftu, Woensdag ná die betogings gesê.

Saftu-lede het Woensdag in die strate ingevaar en betoog teen die ekonomiese krisis in die land.

Vavi sê die ondersteuning was goed.

“Ons is gelukkig met die opkoms. Baie stede het soos spookdorpe gelyk, want mense het ag geslaan op die versoek om by die huis te bly. ’n Duidelike boodskap is uitgestuur,” het Vavi gesê.

Saftu-lede betoog buite die KBVA-kantore in Kaapstad. Foto: Gallo Images/Misha Jordaan

Saftu se eise sluit onder meer in ’n beter ekonomie, beter lewenstandaarde, die verhoging van die minimum loon, openbaregesondheidsorgfinansiering en dat korrupsie en misdaad stopgesit moet word.

Op sosiale media het Saftu foto’s geplaas van groot stede, onder meer Johannesburg, Bloemfontein, Mahikeng, Gqeberha (Port Elizabeth) en Kaapstad, waar die betogers, geklee in rooi, byeengekom het. Betogings het nie oral ewe vlot verloop nie, met betogers en die polisie wat in Kaapstad slaags geraak het.

Vavi sê Saftu veroordeel die inhegtenisname en hardhandige hantering van sy leiers in Kaapstad.

Ons verklaar dat die dood van ons kamerade nie tevergeefs sal wees nie. Ons sal nie ophou veg voordat Amsa die nodige stappe doen om die gesondheid en veiligheid van werknemers te waarborg nie.

Andre Adams, Saftu se Wes-Kaapse sekretaris, en Nadine Simons, voorsitter van Demawusa in die Wes-Kaap, is volgens Vavi by die Sentraal-polisiekantoor in Kaapstad aangekla vir die beweerde oortreding van ramptoestandregulasies.

Volgens hom sal Saftu nie geïntimideer of afgeskrik word deur die polisie nie, wat die regulasies nie deurlopend dieselfde toepas nie en die regerende party bevoordeel.

Numsa het die betogings ondersteun.

Volgens Oupa Ralake, Numsa se JZ Bezuidenhout-streeksekretaris, het sowat 250 betogers by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal betoog en gesondheidswerkers en hul eise ondersteun.

Betogers het in Kaapstad met die polisie slaags geraak. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

In Gauteng het lede van ArcelorMittal na die maatskappy se kantoor in Vanderbijlpark opgeruk om te betoog teen wat hulle beskryf as “swak gesondheids- en veiligheidstoestande wat tot die dood van drie werkers gelei het”.

Phakamile Hlubi-Majola, Numsa-woordvoerder, sê sy is oor die algemeen beïndruk met die opkoms.

“Dit het goed gegaan en ons mense het in groot getalle opgedaag en Covid-19-protokolle in al die gebiede gerespekteer. Ons het spesifiek die dag van die begrotingsrede gekies omdat die twee dekades van ekonomiese ontwikkeling nie die mense wat dit die meeste nodig het, bevoordeel nie.”

Sy is ook ontstig oor die dood van die drie werkers wat ondergronds by ArcelorMittal vasgekeer was en sê die bestuur moet verantwoordelikheid neem vir hierdie sterftes.

“Numsa is verslae en teleurgesteld oor die gesondheid en veiligheid van ons lede, en die houding wat die bestuur van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) oor hierdie kwessie inneem. Thami Molefe, Lesenyeho Mofokeng en Mpho Madumisa is oorlede op 17 Februarie ná ’n ontploffing by Amsa wat veroorsaak het dat ’n gebou op hulle ineengestort het.

“Ons verklaar dat die dood van ons kamerade nie tevergeefs sal wees nie. Ons sal nie ophou veg voordat Amsa die nodige stappe doen om die gesondheid en veiligheid van werknemers te waarborg nie. Ons sal nie rus voordat Amsa getransformeer word nie en totdat ons geregtigheid kry vir die werkers wat gesterf het en hul gesinne nie,” het Hlubi-Majola gesê.

Meer oor:  Zwelinzima Vavi  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.