Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakeleier gee raad oor geldsake

Dit gaan lank duur voordat die gewone middelklas-persoon se geldsake weer normaal gaan lyk ná die knou wat die Covid-19-pandemie dit toegedien het, maar daar is tog hoop, sê Brand Pretorius.

Pretorius, sakeleier en afge­trede uitvoerende hoof van die McCarthy-groep, sal Donderda sy advies op ’n aanlyn seminaar deel in samewerking met GrootFM se #jouGROOTkuier. In dié sessie deel Pretorius sy advies oor hoe om in moeilike tye te oorleef en terselfdertyd ’n platform te skep vir volhoubare sukses.

Brand Pretorius

Boonop gaan ’n persentasie van die opbrengste aan die Rally­ to Read-veldtog, wat deur Pretorius en sy vrou ondersteun word.

“ ’n Baie konserwatiewe benadering is nodig en enige verdere risiko moet vermy word omdat die wêreld in ’n baie moeilike en onsekere plek is,” sê Pretorius.

Volgens hom gaan die ekonomiese herstel heel moontlik ’n W-vormige kurwe volg.

“Dit sal met ander woorde ’n bietjie herstel, waarna daar dalk ’n tweede vlaag van infeksies sal wees. Dan sal dit eindelik volhoubaarder herstel op die mediumtermyn.”

Pretorius sê daar is tog hoop en dat dié moeilike tye ook verby sal gaan.

“Ons moet besef dis ’n een-keer-in-’n-eeu-gebeurtenis met baie negatiewe nagevolge.”

Die opbrengste van die seminaar gaan aan die Rally to Read-veldtog, ’n geletterdheidsprogram wat gemik is op leerlinge in verafgeleë, plattelandse laerskole. “Daar is baie min bronne en die behoefte is oorweldigend vir onderwysersopleiding en boeke,” sê Pretorius.

Die program is in 1998 begin en die doelwit is om kommunikasievaardighede en geletterdheidsvlakke van leerlinge in plattelandse skole te verbeter.

’n Beursfonds is vir leerlinge gestig wat skoolgaan aan laerskole wat betrokke is by die Rally to Read-veldtog.

“Die doel van die beursfonds is om behoeftige leerlinge met baie potensiaal in staat te stel om na funksionele hoërskole te gaan. Mits hulle akademies sekere mikpunte haal, help ons hulle tot in gr. 12. Die beurs dek skoolgeld, uniforms, boeke, vervoer en ekstra klasse.”

Kaartjies vir die seminaar kan teen R49 op iTickets bespreek word.

Meer oor:  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.