Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakeman se vrou ontroosbaar ná sy dood

Gerard de Boer, die sakeman van Bethlehem wat Saterdag dood in sy winkel gevind is, se vrou het sedert sy dood nog nie ophou huil nie.

Lize de Boer en haar skoonpa, Henk, het Saterdagmiddag op haar man se lyk in sy kantoor in die Solomons Mica, waarvan hy die eienaar is, afgekom.

De Boer (45) is vermoedelik verwurg.

Gerard de BoerFoto: Argief

Susan Janse van Rensburg, administratiewe en opleidingsbestuurder by Solomons Mica, sê Lize vind dit baie moeilik om haar man se dood te verwerk.

Die egpaar het vyf klein kinders.

Volgens Janse van Rensburg was dit Maandag baie moeilik by die werk.

“Ons almal is erg geskok. Ek werk al 20 jaar hier en ons is almal baie na aan mekaar. Ons is soos ’n familie,” sê sy.

Volgens haar was alles nog normaal toe die res van die personeel die winkel omstreeks 13:30 verlaat het. Sy is later die middag met die skokkende nuus gebel.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, sê hulle hoop die lykskouing, wat Maandag gedoen is, sal meer lig kan werp op die voorval.

Volgens haar was daar geen tekens dat iemand by die winkel ingebreek het nie en niks word nog vermis nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Lebakeng het vroeër gesê De Boer se vrou het onraad vermoed toe hy nie op sy gewone tyd by die huis opdaag nie.

Sy het haar skoonpa gebel en albei is na die winkel om ondersoek in te stel.

Hulle het op hom afgekom waar hy in sy kantoor gelê het. Hulle het die polisie en nooddienste gebel. Paramedici het De Boer op die toneel dood verklaar.

De Boer was ook die voorsitter van die Laerskool Jordania in Bethlehem se beheerliggaam.

’n Gedenkdiens word Woensdag om 11:00 in die Hoeksteenkerk in Paul Laeseckestraat 14, Bethlehem, gehou.

Meer oor:  Gerard De Boer  |  Bethlehem  |  Sakeman  |  Misdaad  |  Sterfgeval  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.