Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakeman sterf dae ná vragmotor sy motor tref
Mario de Ridder (48)

Die sakeman van Gqeberha (Port-Elizabeth) wat in ’n kritieke toestand was nadat ’n vragmotor sy stilstaande voertuig getref en blykbaar meters gesleep het, is Vrydag oorlede.

Mario de Ridder (48), ’n stampwedren-kampioen, en sy twee passasiers het verlede Maandagaand met ’n pap wiel langs die N2 naby die Van Stadensbrug afgetrek. Hulle was op pad na Plettenbergbaai.

Reinhardt Leach, een van die passasiers, het net uitgeklim om die spaarwiel uit die bagasieruim te haal toe ’n vragmotor hulle tref en die motor sowat 15 m ver sleep.

De Ridder was sowat 25 minute ná die impak bewusteloos.

Hy het kop- en nekbeserings opgedoen, het sy suster Gillean van Wyk vroeër aan Netwerk24 gesê.

Die dokters het gesê hulle wil drie tot sewe dae wag sodat die swelling op sy brein kan sak en hulle ’n beter idee kan kry van die behandeling wat hy benodig.

JP Pretorius (39), De Ridder se jonger broer, sê toe hy Vrydagoggend met die dokter praat, het sy vir hom gesê sy broer “verbeter en dat hulle rehabilitasie oorweeg”.

Reinhardt Leach, die passasier wat uitgeklim het, wys waar die ongeluk plaasgevind het.

“Hy was nog half onder verdowing en het voeding deur sy neus ontvang. Vrydag ongeveer 20:00 is ons in kennis gestel dat hy om 19:20 oorlede is. Dit was baie skielik. Dit is steeds ’n groot skok en ons probeer dit verwerk,” sê Pretorius.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder van die Sarah Baartman-distrik, het bevestig dat ’n wit vragmotor verlede Maandag omstreeks 20:00 teen ’n Audi gebots het. Die ongeluk het op die N2 naby Thornhill gebeur.

“Een van die Audi se passasiers is ongedeerd en twee is beseer en na ’n hospitaal gebring. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd,” het Nkohli gesê.

Volgens Nkohli ondersoek die polisie ’n saak van roekelose en nalatige bestuur en is strafbare manslag nou bygevoeg.

De Ridder word volgende week begrawe.

Meer oor:  Pe  |  Gqeberha  |  Sakeman  |  Ongeluk  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.