Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakeman van Bethlehem ‘nie vermoor’ - lykskouing
Gerard de Boer is dood aangetref in die kantoor van sy winkel in Bethlehem. Foto: Argief

Die ondersoek na die dood van ’n Bethlehemse sakeman is Dinsdag van moord na ’n geregtelike doodsondersoek verander nadat die lykskouing getoon het hy is nie vermoor nie.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die ondersoek na die dood van Gerard de Boer (45) is van moord na ’n geregtelike doodsondersoek verander.

Volgens haar het die lykskouing, wat Maandag gedoen is, getoon De Boer is dood “weens ’n gebrek aan suurstof”.

De Boer, die pa van vyf jong kinders, is Saterdag dood in sy kantoor in Solomons Mica, waarvan hy die eienaar was, gevind. Sy vrou, Lize, en pa, Henk, het op hom afgekom.

Volgens Lebakeng word daar nie meer vermoed dat hy vermoor is, soos die voorlopige ondersoek aangedui is nie.

Sy het Woensdag gesê ’n gordel is om De Boer se nek gevind. In die geregtelike doodsondersoek sal gekyk word na die omstandighede waaronder die gordel om sy nek beland het kyk.

Die begrafnisbrief vir Gerard de Boer se troosdiens wat Woensdag gehou is.

Die polisie wou nie verdere inligting oor die ondersoek bekend maak nie.

“Hy het op die vloer gelê toe hy gevind is. Dit, saam met die gordel om die nek, het die ondersoekers eers laat vermoed dat hy vermoor is,” sê sy.

Lebakeng sê die vermoede bestaan ook nie dat De Boer sy eie lewe geneem het nie.

Vroeër is berig dat daar nie by die winkel ingebreek is nie en dat niks geroof is nie.

Lize de Boer het onraad vermoed toe haar man nie op die gewone tyd by die huis opgedaag het nie en het haar skoonpa gebel omdat hy ’n sleutel vir die winkel het.

Hulle is albei na die winkel waar hulle in die kantoor op De Boer se lyk afgekom het.

’n Troosdiens is Woensdag vir hom gehou.

Meer oor:  Gerard De Boer  |  Lykskouing  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.