Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakeman van Bfn sterf toe trein bakkie tref
Die toneel Sondagmiddag waar ’n lokomotief ’n Ford-bakkie in Mariusweg in die Ferreira-hoewegebied buite Bloemfontein getref het. ’n Seil is oor die bakkie getrek. Foto: Facebook
Gerrie Slabber (46) is Sondagmiddag dood toe sy bakkie voor ’n aankomende lokomotief beland het. Foto: Verskaf

’n Bloemfonteinse sakeman is Sondagmiddag dood toe hy met sy Ford-bakkie voor ’n aankomende lokomotief in Mariusweg in die Ferreira-hoewegebied beland het.

Gerrie Slabber (46), eienaar van Cable Guy in Bloemfontein, se naasbestaandes het na die ongelukstoneel gekom om self te sien wat gebeur het, sê Jaco Kaalsen, ’n paramedikus van Med247.

Kaalsen sê die bakkie moes oopgesny word om Slabber se lyk daaruit te verwyder.

Slabber was alleen in die bakkie nadat hy een van sy kinders elders gaan aflaai het.

“Dit lyk asof hy hom moontlik met die spoed van die aankomende lokomotief misgis het,” sê Kaalsen.

Hy sê Med247 het omstreeks 15:10 ’n oproep gekry oor ’n lokomotief wat ’n bakkie by ’n oorgang in Mariusweg getref het.

Toe hul paramedici op die toneel aankom, was die bakkie langs die treinspoor met die lokomotief ’n ent verder weg. Die bestuurder van die bakkie was dood.

Die Mangaung-metro se brandweer-en-noodreddingsdiens het gespesialiseerde toerusting gebruik om sy lyk uit die bakkie te kry.

Die verfrommelde bakkie waarin Gerrie Slabber (46) van Bloemfontein dood is. Foto: Verskaf

“Die toneel is hierna vir verdere ondersoek aan die Parkweg-polisiekantoor oorhandig om die oorsaak van die botsing vas te stel.”

Braam van Zyl, afdelingshoof van die brandweer-en-noodreddingsdiens, het die voorval bevestig.

Meer oor:  Treinongeluk  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.