Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakeman van Louis Trichardt tuis nadat hy glo ontvoer is

’n Sakeman van Louis Trichardt wat bykans twee maande gelede na bewering deur gewapende mans ontvoer is, is Sondag met sy familie herenig.

Die familie van Shyam Premjee (36) van die groothandelwinkel Premjee & Son Cash & Carry het Sondagaand laat ’n verklaring uitgereik en gesê hy is ongedeerd en by die huis.

Shyam Premjee (36) van Louis Trichardt is met sy familie herenig nadat hy glo ontvoer is.

Dit is egter ’n raaisel waar hy was sedert die voorval op 9 April toe hy glo deur twee silwerkleurige motors in Barnardstraat van die pad af gedwing is. Hy was van die huis af op pad na die sakeonderneming in Krugerstraat.

Sy wit Mercedes-Benz is later dieselfde dag verlate op die hoek van Forestryweg en Berghstraat gekry.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die vermeende ontvoerders het nooit met die familie kontak gemaak of ’n losprys geëis nie.

Viju Premjee, ’n familiewoordvoerder, het die gemeenskap in die verklaring bedank vir hul ondersteuning sedert Premjee se verdwyning.

“Ons sou hierdie tydperk nie sonder jul ondersteuning en gebede kon oorleef nie.”

’n Private speurder het die familie in hul soektog na Premjee gehelp.

Die familie het nie op navrae gereageer oor of daar meer duidelikheid is oor waar hy hom bevind het nie.

Volgens Mojapelo is die polisieondersoek nog nie afgehandel nie.

Meer oor:  Shyam Premjee  |  Louis Trichardt  |  Ontvoering  |  Sakeman  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.