Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sakevrou verongeluk dag voor ma se verjaardag
Amorette NelFoto: Verskaf

’n Sakevrou van Upington in die Noord-Kaap het Woensdag, ’n dag voor haar ma se verjaardag, buite Olifantshoek verongeluk.

Amorette Nel (38), ’n werknemer van Sanlam en mede-eienaar van die MultiPro Manor-gastehuis op Upington, se voertuig het Woensdagmiddag gerol toe sy van Kuruman terug huis toe gery het.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 15:00 op die N14 tussen Olifantshoek en Upington gebeur toe sy beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het. Sy het alleen gery en is op die toneel dood verklaar.

Tokkie Oosthuizen (69), haar ma wat Donderdag verjaar het, sê Nel was op pad huis toe nadat sy Sanlam-kliënte op Kuruman gaan sien het. Die ongeluk het sowat 20 km buite Olifantshoek gebeur.

Oosthuizen en Almero, Nel se pa, het nog omstreeks 14:00 met haar oor die telefoon gesels.

Sy het haar vertel van die sake wat sy op Kuruman beklink het en was baie opgewonde daaroor, sê Oosthuizen.

Sy het ook die Hoërskool Upington se eerste netbalspan help afrig en was erg oor die kinders, sê haar ma.

Nel en Almero is sedert 2010 saam in die praktyk by Sanlam en het die MultiPro Manor saam besit, wat Nel bestuur het. “Sy was haar pa se regterhand in alles.”

Nel het ’n nou verhouding met haar ouers gehad.

“As ek vir jou sê ek dink ons het vyf keer per dag met mekaar gepraat, dan was dit dalk min,” sê Oosthuizen.

Amorette en Hannes Nel. Foto: Verskaf

Nel was mal oor Franskraal, waar haar ouers woon, en baie huisvas, sê haar ma.

Oosthuizen beskryf haar dogter as ’n liefdevolle persoon wat ander altyd bo haarself gestel het. “Sy was lief vir haar familie, vriende en kliënte.”

Sy het graag gekook en gebak en was lief vir onthaal.

Nel en haar man, Hannes, het nie kinders gehad nie.

Sy word ook deur haar susters en hul eggenote, Almeri en Thys de Vries en Socilla en Johan Kriel, asook die De Vries-egpaar se kinders, Gemma (9), Andreas (7) en Almero (5), oorleef.

Volgens Oosthuizen was sy baie erg oor haar susterskinders.

Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

Meer oor:  Amorette Nel  |  Upington
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.