Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAL-bedryfshoof paai met nuwe aksieplanne

Die staking by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vir binnelandse vlugte en na die res van Afrika duur steeds voort, maar die lugredery gaan van sy internasionale vlugte hervat.

Volgens ’n verklaring van die lugdiens gaan sewe van sy internasionale vlugte – na New York, Sao Paulo, Hongkong, Perth, Londen, Frankfurt en Washington – vanaf Sondagaand van die O.R. Tambo-lughawe vertrek.

Philip Saunders, bedryfshoof van die SAL, het namens die lugdiens alle passasiers om verskoning gevra vir die ongerief en die kansellasie van vlugte weens die staking.

“Ons hoop ons kliënte verstaan dat die kansellasies buite ons beheer is.”

Die kansellasie van vlugte kom nadat lede van die metaalwerkersunie (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) Vrydag begin staak het. Hulle is ongelukkig oor die loonaanbod wat die SAL gemaak het. Die vakbonde eis 8% terwyl die lugdiens 5,9% aanbied.

Saunders sê die SAL het die besluit geneem om internasionale vlugte te hervat ná ’n assessering van werkers wat bereid is om aan te meld vir werk.

Hy het sê die SAL versoek passasiers om nie na die lughawe te gaan tensy hulle in besit is van ’n opgedateerde reisplan nie.

Saunders sê voorts hulle werk nou saam met ander lugdienste om sy passasiers te probeer akkommodeer.

“Die SAL het hande gevat met sy susterlugdiens, Mango, om so ver as moontlik passasiers te akkommodeer wat plaaslik vlieg. Passasiers van streekvlugte na die res van Afrika sal sover moontlik op Airlink, ’n vennoot van die SAL, en ander lugdienste geakkommodeer word.”

Mense kan ook www.flysaa.com besoek vir die nuutste inligting rondom die staking en vlugte wat gekanselleer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.